Die Departement Verbruikerswetenskap aan die Universiteit van Pretoria het in 2000 sy studieprogramme geherstruktureer.
Die Departement Verbruikerswetenskap aan die Universiteit van Pretoria, met sy verskeie spesialiseringskursusse, bemoei homself met voedsel-, kleding- en tekstielprodukte. Daar word gefokus op die gebruik, verbruik en die bestuur van hierdie produkte en handelsware in verskeie kontekste, die ontwikkeling van nuwe verbruikersprodukte met die doelstelling om by te dra tot gesonde besigheidspraktyke en die fasilitering van verantwoordelike en ingeligte verbruikersbesluitneming, om die vereistes van individue, klein sakeondernemings en die kleinhandel, afhangende van die spesifieke omstandighede, te bevredig.
Die basiese studie van voedsel en voeding, kleding en tekstiele, insluitend die ontwikkeling van nuwe produkte en die relevante tegnologie, gaan gepaard met die benadering in natuurlike (fisiese) en landbouwetenskappe, terwyl al die prosesse wat betrekking het op ekonomiese bestuur, gebruik en verbruik van hierdie handelsware met ekonomiese en bestuurswetenskappe skakel.
Nuus
Die Nasionale Biodiversiteit- en Sakenetwerk amptelik geloods - 21/05/2013
Die Nasionale Biodiversiteit- en Sakenetwerk van Suid-Afrika is op 15 Mei 2013 amptelik by die Gordon Institute of Business Science (GIBS) in Sandton geloods.
Die Universiteit van Pretoria is deur dr Claudious Chikozho en me Anesu Makina, albei van die Albert Luthuli Sentrum vir Verantwoordelike Leierskap (ALSVL), asook prof Don Cowan van FABI verteenwoordig.
[Lees Meer]
Opedag ’n sukses! - 21/05/2013
Ek lig u graag in dat ek talle boodskappe vol positiewe terugvoering oor die UP Opedag 2013 ontvang het. Ek is veral ingenome met die opmerkings oor die besondere hulpvaardigheid en vriendelikheid van die personeel, studente en vrywilligers in die UP-span.
[Lees Meer]
TuksGholf-oefensentrum amptelik geopen by die Universiteit van Pretoria - 17/05/2013
Die Universiteit van Pretoria is trots op sy welbekende prestasies op verskeie sportterreine. Hierdie prestasies kan toegeskryf word aan die Universiteit se sportfasiliteite wat van die beste onder Suid-Afrikaanse universiteite is. Nou het die Universiteit, deur TuksSport en die high performance centre (hpc), ’n verdere stap gedoen deur amptelik ’n gholf-oefensentrum te open.
[Lees Meer]
’n Kontinentale Leierskapstransformasieprogram geloods - 15/05/2013
Die Afrika-unie se Nuwe Vennootskap vir Afrika-ontwikkeling (NEPAD), die Verenigde Nasies se ontwikkelingsprogram (UNDP) en die Albert Luthuli Sentrum vir Verantwoordelike Leierskap (ALSVL) het onlangs ’n ronde tafel geleentheid aangebied met die doel om ’n kontinentale leierskapstransformasieprogram te loods.
[Lees Meer]