University of Pretoria Logo
English |  Afrikaans |    
  
Departement Informatika

Agtergrond

 

Die Departement Informatika is sedert Januarie 2000 in die Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie geleë, maar is ook een van die drie ‘tuiste’-departemente vir die formeel gekonstitueerde Skool vir Inligtingtegnologie.

 

Hoewel die Departement in ‘n ander fakulteit geleë is, word ons grade nog toegeken in die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe en as sulks dwing die Fakulteit die verpligting af om voort te gaan om die volledige reeks voorgraadse en nagraadse grade in Informatika toe te ken, sowel as ‘n variasie van gespesialiseerde ‘diens’-kursusse vir ander grade in hierdie Fakulteit.

 

As deel van die Skool het ons ook aansienlik voordele vir ons Departement getrek. Ons dra by tot die akademiese grade van die Skool, waarvan die Meestersgraad in Inligtingtegnologie in 1999 en die BIT in 2000 begin is. Samewerking tussen die drie Departemente het ook gelei tot ‘n beweging in die rigting van interdissiplinêre navorsing. Dit behoort te lei tot meer navorsingsgeleenthede sowel as ‘n toename in die aantal studente wat ons kursusse neem.

 

Verduideliking rakende die gebruik van die term "Informatika" by die Universiteit van Pretoria

 

(i) “Informatika” definisie

'n Aantal internasionaal bekende universiteite wat Inligtingstelsel programme aanbied (b.v., Dalhousie University, Canada; Indiana University, USA; SUNY-Buffalo, USA; University of Oslo, Norway; University of Manchester, UK; University of Washington, USA; and University of Thessaloniki, Greece) maak gebruik van die term “Informatics” of te wel "Informatika" vir hulle program. Elke van die instansies beskik oor soortgelyke kursusse wat geklasifiseer kan word as "Inligtingstelsel programme"

.

Die Universiteit Washington maak die volgende stelling op hul webtuiste (http://www.ischool.washington.edu/informatics/default.aspx):

 

Informatika

Toekomstige Werksgeleenthede in Inligting en Tegnologie

Informatika studente ontwerp, bou, implimenteer en beveilig inligtingstelsels om mense, organisasies, en sosiale behoeftes te bevredig. Hulle kombineer hul vaardighede vanuit die program met hul eie unike persoonlike en profesionele belangstellings om innovasie in inligting en tegnologie te bevorder in die private, publieke en nie-winsgewende sektore. Die klem word geplaas op die verstaan van die verwantskappe tussen mense, inligting en tegnologie.

.

'n Algemene definisie van Informatika kan ook op Wikipedia (http://en.wikipedia.org/wiki/Informatics) gevind word, naamlike:

"Informatics includes the science of information, the practice of information processing, and the engineering of information systems. Informatics studies the structure, algorithms, behavior, and interactions of natural and artificial systems that store, process, access and communicate information. It also develops its own conceptual and theoretical foundations and utilizes foundations developed in other fields. Since the advent of computers, individuals and organizations increasingly process information digitally. This has led to the study of informatics that has computational, cognitive and social aspects, including study of the social impact of information technologies.

 

Used as a compound, in conjunction with the name of a discipline, as in medical informatics, bioinformatics, etc., it denotes the specialization of informatics to the management and processing of data, information and knowledge in the named discipline, and the incorporation of informatic concepts and theories to enrich the other discipline; it has a similar relationship to library science."

(ii) “Informatika” gebruik by die Universiteit van Pretoria

By die Universiteit van Pretoria word die term Informatika soos omskryf deur Wikipedia aangewend. Die graad BCom(Informatika) is geregistreer by die Suid-Afrikaanse Departement van Onderwys vanaf 1988, en weereens by die Suid-Afrikaanse Kwalifikasie Gesag in 2000. Ons mag geen ander term aanwend op studente transkripsies nie, maar dit word wel omskryf soos gesien kan word in die volgende uitreksel (noteer asseblief die gebruik van die term Inligtingstelsels):

 

1. Uitreksel uit die Departemente Brosjure

Informatika is ’n vakgebied waarin die toepassing en gebruik van die rekenaar en inligtingstelsels binne ondernemings bestudeer word. Ons studente se krag lê daarin dat hulle ’n breë agtergrond van die ekonomiese en bestuurswetenskappe het, sodat die bedryfswêreld vir hulle nie vreemd is nie. Die gebruik van inligtingtegnologie deur ondernemings neem steeds toe, en nuwe, meer komplekse en uitdagende toepassings word daagliks ontgin. Dit het, naas die ooglopende feit dat die werkswêreld van die Informatikus besonder interessant is, ook die voordelige gevolg dat daar min kans is dat ©į goed gekwalifiseerde Informatikus ooit sonder werk sal sit.
 

Omskrywing van die Informatika as vakgebied

Die moderne organisasie kan nie sonder inligting en die tegnologie waarmee dit versamel, geberg, verwerk en beskikbaar gestel word, funksioneer nie. Maar die suksesvolle aanwending van hierdie tegnologie hou baie meer in as net die skryf van rekenaarprogramme. Laasgenoemde is baie belangrik, maar dit is van veel groter belang om die besigheid waarin die onderneming gevestig is te verstaan, en te verstaan hoe inligting en inligtingstegnologie ingespan kan word om al die doelwitte van die onderneming te ondersteun en te help bereik. Hierdie eis blyk duidelik uit die volgende beskrywing van die vakgebied:

Informatics is a multi-disciplinary subject, where information, Information Systems, and the integration thereof into the organization, are studied for the benefit of the entire system (individual, organization and community).

Die informatikus is dus in die eerste plek ©į besigheidspersoon en in die tweede plek ©į tegnoloog. As stelselontleder sal die informatikus die organisasie waarin hy/sy werk deur-en-deur leer ken, want die inligtingstelsels wat ontwerp en in bedryf gestel moet word, is dikwels die kern van die besigheid se prosesse en aktiwiteite. As gebruikerondersteuner sal die informatikus as tegnologiekonsultant en fasiliteerder van inligting optree, en so in ©į belangrike skakelrol met die res van die organisasie verkeer. As bestuurder van inligtingstelsels sal die informatikus veral verantwoordelik wees vir die strategiese aanwending van inligtingstelsels en inligtingstegnologie, byvoorbeeld om die organisasie te help om nuwe markte met behulp van tegnologie te ontgin. In al hierdie verskillende rolle moet die informatikus ook oor besondere mensvaardighede beskik, bo en behalwe tegnologiese vaardighede, want hy/sy word ook dikwels gekonfronteer met die moreel-etiese gevolge van die aanwending van die tegnologie (byvoorbeeld die skending van ‘n persoon se privaatheid).

 

Informatici kan egter ook, as dit is waar hulle belangstelling en bekwaamhede lê, verkies om die rolle om te ruil en op die tegnologie self te konsentreer. Om studente daarvoor voor te berei word daar, veral in die tweede en derde studiejare, heelwat klem op netwerkbestuur en databasisontwerp en -administrasie gelê. Steeds, egter, bly die fokus die mens en die organisasie, eerder as die tegnologie self.


Studie van Informatika kan mens ook voorberei om die rol van ingeligte en vaardige gebruiker van inligtingstegnologie te word. Hierdie is veral die geval as mens net ©į gedeelte van die volle voorgraadse Informatika leerplan volg, terwyl jou eintlike hoofvak Rekeningkunde, Bemarking of so-iets is. Omdat inligtingstegnologie so ©į deurslaggewende rol speel in enige organisasie, kan geen rekeningkundige of bemarker, of watter beroep ook al, in hierdie tye sonder kennis van die gebruik van inligtingstegnologie op sy/haar vakgebied wees nie.

 

2. Uitreksel vanuit die Universiteit se Jaarboek

(http://web.up.ac.za/sitefiles/File/yearbook_2008/Ekonomies_en_BestW_2008.pdf)

Die doel van die program is om die student kennis te laat maak met die toepassing van die moderne inligtingstelsel in privaat en openbare organisasies. Na voltooiing van die program sal die student kennis dra van die ontleding, ontwerp en implementering van inligting- en bedryfstelsels, databasisse, netwerke en inligtingbestuur. Die student sal die vermoë hê om 'n volledige inligtingstelsel te ontwikkel om organisatoriese funksies te ondersteun, asook om organisasies te adviseer in die gebruik van inligtingtegnologie om sodoende werknemers te bemagtig en die kwaliteit van hul werkslewe te verhoog. Die leergang voldoen aan die internasionale, geakkrediteerde leergang vir Inligtingstelselprogramme.

 

Aannames oor die produkte en markte van die Departement  

  • Ons sien inligtingstelsels as ‘n interdissiplinêre studieveld waarin inligting, inligtingtegnologie en die integrasie daarvan in die organisasie bestudeer word om die hele stelsel tot voordeel te strek (individu, organisasie en gemeenskap).

  • Ons onderrigprogramme berei studente daarop voor om inligtingstelselkundiges te word wat gereed is om tot die werksomgewing toe te tree en in die multinasionale en globale konteks van vandag se inligtingafhanklike organisasies te funksioneer.

  • Ons kurrikulum is daarop gerig om drie basiese vaardighede daar te stel: die vaardigheid om onafhanklik te kan dink, die vaardigheid om kennis en relevante feite te integreer, en die vaardigheid om as kundige vennoot op te tree van kliënte wat buite die veld van rekenaars staan.

  • Ons volg ‘n studentgesentreerde benadering en verwag van studente om onafhanklike en lewenslange leerders te wees. Dosente tree nie alleen op as aanbieders van onderrigdienste nie, maar ook as mentors en fasiliteerders van die leerproses.

  • Ons respekteer die individualiteit van studente ten opsigte van persoonlikheid, agtergrond en vaardigheid, en onderneem om hulle dienooreenkomstig te adviseer.

  • Ons onderrig is daarop gemik om studente in ‘n baie dinamiese veld vir ‘n baie dinamiese mark voor te berei. Om die vertroue van alle aandeelhouers te behou, onderneem ons gereeld ondersoeke onder werkgewers van ons gegradueerdes en onder alumni om te bepaal tot watter mate ons kurrikulum aan die vereistes van die praktyk voldoen. Hoewel ons sensitief is vir die praktykvereistes, behou ons die akademiese reg om ‘n langtermynvisie in die samestelling van ons kurrikulum te volg.

  • Ons stel ‘n voorbeeld vir studente en kultiveer ‘n bewustheid van en respek vir die morele en etiese gevolge van hulle dade op die gebied van rekenaars en inligting.

  • Ons berei studente voor op beroepe soos die van stelselanalis/-ontwerper en vakkundige ondersteuner van eindgebruikers.

  • Ons meet ons standaarde aan dié van eersteklasdepartemente van inligtingstelsels.

  • Ons glo dat inligtingstelsels deur mense ontwikkel word vir mense.

  • Ons sien tegnologie nie as ‘n doel op sigself nie. Terselfdertyd glo ons dat toepaslike tegnologie die verbetering van die gehalte van lewe en werk kan ondersteun.