English |  Afrikaans |    
  

(Prakties) Teologie: 'n Verhaal van twyfel en verbeelding

Teologie as 'n verhaal van twyfel en verbeelding moet in teenstelling met die tradisionele benadering tot teologie as 'n stelsel van proposisionele sekerhede verstaan word. Twyfel en verbeelding is 'n onafskeidbare deel van Narratiewe Teologie, soos dit ontwikkel binne 'n Post-Fundamentele teologiese paradigma.

Die relevansie van hierdie teologiese paradigma sal bespreek word, as 'n teologie wat
  • erkenning gee aan eie twyfel
  • waardering het vir die eie verhaal (tradisie)
  • interaktief, op 'n interdissiplinêre basis, betrokke is by 'n netwerk van verhale – verhale van hoop en wanhoop, van lyding, van mag en van marginalisering
  • verbeeldingryk met alternatiewe verhale na vore kan kom

Hierdie lesing sal die paradigma van prof Müller se voortgesette navorsingsprogram ondersoek, as deel van die Departement Praktiese Teologie, wat 'n verskeidenheid navorsingsprojekte huisves.

Die UP-EKSPERTLESINGREEKS bied 'n openbare platform vir navorsers van die Universiteit van Pretoria om met 'n algemene gehoor te kan praat oor beduidende ontwikkelings wat waarskynlik in die toekoms 'n invloed op hul vakgebied sal hê.

Datum: Woensdag 5 September 2012
Tyd: 17:00
Plek: Senate Hall, Hatfield Campus, Pretoria
GPS-koördinate: S25° 45' 21" E28º 13' 51"
RSVP: Teen 24 Augustus 2012, uprsvp2@up.ac.za



 

 
Prof Julian Müller
Adjunk-Dekaan
Fakulteit Teologie by die Universiteit van Pretoria.