Visie en Missie
Visie
Die KDS streef daarna om die Universiteit van ‘n mededingende voordeel in kliënteverhoudingbestuur te voorsien en om ‘n kompeterende markaandeel van top matrikulante wat vir studie aansoek doen te handhaaf.
Missie
Die KDS se missie is om deurgaans tydens ‘n student se lewensiklus ‘n uitstekende, geïntegreerde diens te lewer. Die KDS elimineer verkwisting in die organisasie met eerste-kontak oplossing van telefoniese navrae op ‘n 80% diensvlak. Die KDS se posisionering verleen ‘n holistiese blik op die student se lewensiklus en fasiliteer prosesse en prosedures wat kliëntgesentreerd is.
Dienste
Die Kliëntedienssentrum (KDS) is ’n leier in Afrika en in die wêreld wat betref die verskeidenheid
geïntegreerde dienste en die aantal kommunikasiekanale wat dit aan kliënte bied. Die KDS maak kliënte se kontak met die Universiteit geriefliker, doeltreffender en meer professioneel. Dit absorbeer 80% van alle algemene navrae en transaksies tydens die eerste kontak, fasiliteer kliëntvriendelike prosesse en koördineer aanlynselfbediening.
Die KDS bied ’n doeltreffende eenstopdiens vir navrae oor studentverwante dienste wat van al die Universiteit se kliënte (insluitend huidige en voornemende studente, internasionale studente, ouers en alumni) ontvang word. Die inligting kan bekom word deur die KDS-kantore te besoek, die web te raadpleeg of van e-pos, die telefoon, faks, die posdiens of algemene navrae gebruik te maak.
KDS se dienste sluit die volgende in:
• werwing van studente
• algemene navrae (stem, persoonlike besoek, e-pos, pos, web, faks)
• koshuisnavrae
• aansoeke vir toelating tot studie
• betalings en studenterekeninge
• studiefinansiering
• toegangskaarte en parkering
• graduandi loopbaankantoor en studenteposte
• ondersteuning aan internasionale studente
• kursuskonsultasies
Die Afdeling Internasionale Studente(AIS)
Die AIS is verantwoordelik vir die voorafsorg, hoofsorg en nasorg van nie-Suid-Afrikaanse studente wat beplan om vir studie by die Universiteit van Pretoria in te skryf. Hierdie diens sluit die logistiek en sorg van nadoktorale genote in en dienste wat aangebied word wissel van hulp met immigrasie, banksake en mediese dekking tot hulp met oriëntering en ander aspekte van die studentelewe.
|