University of Pretoria Logo
English |  Afrikaans |    
  

Sweiswerk - Die achilleshiel van die Suid-Afrikaanse vervaardigingsbedryf?

Sweiswerk is steeds die belangrikste metaallastegnologie wat tans tot die vervaardigingsbedryf se beskikking is, met wydverspreide toepassing in velde so uiteenlopend soos mikroëlektronika, kragopwekking, struktuurontwerp en die petrochemiese bedryf. Terwyl globale aanvraag na volgehoue hoëkwaliteit-sweislasse in 'n wye verskeidenheid gevorderde materiaal en toepassings steeds groei, is die Suid-Afrikaanse vervaardigingsbedryf tans so geposisioneer
dat dit voordeel kan trek uit die geleenthede wat gebied word?

Madeleine du Toit is Professor en Hoof van die Departement Materiaalkunde en Metallurgiese Ingenieurswese aan die Universiteit van Pretoria. Sy het die grade BIng, MIng en PhD in Metallurgiese Ingenieurswese aan die Universiteit van Pretoria en 'n tweede MIng-graad in Sweiswerkingenieurswese aan die Universiteit van die Witwatersrand behaal. Sy is by die Ingenieursraad van Suid-Afrika (ECSA) as Professionele Ingenieur en by die Internasionale Instituut vir Sweiswerk as Internasionale Sweisingenieur (IWE) geregistreer. Sy is 'n genoot van die Suid-Afrikaanse Akademie
vir Ingenieurswese en dien tans as President en lid van die Raad van die Suider-Afrikaanse Instituut vir Sweiswerk (SAIW).

Ons nooi u uit om aan UP se uurlange EKSPERTLESINGREEKS deel te neem en deur die Universiteit se navorsingsuitset verryk te word.

Datum: Woensdag 16 Mei 2012
Tyd: 17:00
Plek: Plantwetenskappe-kompleks (roetekaart aangeheg), Hatfieldkampus, Pretoria
GPS-koördinate: S25° 45' 21" O28º 13' 51"
RSVP: Voor of op 9 Mei 2012 by uprsvp3@up.ac.za



 

 
Prof Madeleine du Toit
Hoof van die Departement Materiaalkunde en Metallurgiese Ingenieurswese aan die Universiteit van Pretoria.