|
Konsultasie
Spankonsultasies
Personeel van die Sentrum vir Aanvullende en Alternatiewe Kommunikasie (SAAK) word dikwels genader deur professionele spanne wat betrokke is by mense met erge gestremdhede (of ingewikkelde kommunikasiebehoeftes) wat bykomende bystand en leiding met betrekking tot ingryping deur Aanvullende en Alternatiewe Kommunikasie (AAK) benodig.
Die prosedure is soos volg:
- Voorkonsultasievorms word aan die verskillende spanlede, dws spraak-, fisio- en arbeidsterapeute, onderwysers, ouers of gades gestuur. Sodra die vorms by die Sentrum terugontvang is, kan ’n datum vir konsultasie geskeduleer word. ’n Span spesialiste van die SAAK sal die individu en die relevante partye op die dag van die konsultasie ontmoet. Die Sentrum het ’n streng beleid om nie kliënte alleen te sien nie, omrede dit nie voortgesette ingryping vir individue verskaf nie. Dit is daarom noodsaaklik dat die kliënt se steunspan tydens konsultasie teenwoordig moet wees om toepaslike inligting by te dra, om te help om ingrypingsdoelwitte te formuleer en om te leer om AAK-strategieë uit te voer.
- Die steunspan kan familielede, onderwysers, terapeute of ander individue insluit wat nou betrokke is by die kliënt.
- ’n Volledige verslag wat deur die Sentrum verskaf word, bied aan kliënte aanbevelings op grond van die SAAK-span se konsultasie.
Die Suid-Afrikaanse Medies-wetlike konsultasie (Medico Legal-konsultasie)
Die SAAK-span bied ook op versoek medies-wetlike konsultasie en spesialiseer in gevalle van erge kommunikasieprobleme, dws ingewikkelde kommunikasieprobleme.
Verdere inligting is verkrygbaar van:
Kerstin Tonsing
Epos: kerstin.tonsing@up.ac.za
Tel: 012 420 4729
Faks: 086 510 0841
|