Nadoktorale befondsing vir korporatiewe bestuur-navorsing / Oproep vir aansoeke
Die Albert Luthuli Sentrum vir Verantwoordelike Leierskap (ALSVL) aan die Universiteit van Pretoria is verantwoordelik vir ’n voortgesette navorsingsprogram oor die dryfvere vir en gevolge van korporatiewe bestuur in Suid-Afrika. Die ALSVL doen tans ’n beroep op onlangs afgestudeerde doktorale graduandi wat belangstel om by hierdie program aan te sluit, om vir die Visekanselier se Nadoktorale Studiebeursprogram aansoek te doen. Belangstellende aansoekers kan vir Jess Schulschenk (jess.schulschenk@up.ac.za) kontak vir meer inligting. Die finale sperdatum vir aansoeke is 30 Mei 2012 en belangstellendes word aangemoedig om ons vroegtydig te kontak.
|