Publieke Seminaar: "Freedom of Expression: How far has Africa progressed?"
Deur Shirley de Villiers
Gelaai op 04 Julie 2012
Die Departement Politieke Wetenskappe en die Instituut vir Strategiese en Politieke Aangeleenthede, in samewerking met Xstrata en die Sunday Independent hou op Donderday 26 Julie 2012 'n publieke seminaar getiteld "Freedom of Expression: How far has Africa progressed?", aangebied deur Advokaat Pansy Tlakula.
Advokaat Tlakula is die voorsitter van die Verkiesingskommissie van Suid-Afrika (OVK). Sy het die grade BProc (Universiteit van die Noorde), LLB (Wits) en LLM (Harvard) behaal en is Kanselier van die Vaal Universiteit van Tegnologie. Voor haar huidige aanstelling was Adv Tlakula die Hoof Verkiesingsbeampte van die OVK vanaf 2002 tot 2010.
Datum: 26 Julie
Tyd: 17:30 vir 18:00
Lokaal: Ouditorium Opvoedkunde Fakulteit, Groenkloof Kampus, Universiteit van Pretoria, Leydsstraat, Groenkloof
RSVP: Me W Martin, 012 420 2034 / wilma.martin@up.ac.za op of voor 23 Julie.
|
|
|