Openbare Seminaar: Apartheid of demokrasie? Die Palestynse ervaring in Israel
Deur Shirley de Villiers
Gelaai op 05 April 2012
Die Departement Politieke Wetenskappe en die Afro-Midde-Oosterse Sentrum tree as gashere op vir ’n seminaar oor die onderwerp: “Apartheid of demokrasie? Die Palestynse ervaring in Israel”. Die seminaar vind op 16 April plaas en word deur Haneen Zoabi aangebied.
Haneen Zoabi is ’n Palesynse burger wat in Israel woon. Sy is ’n lid van die Israelse Knesset (parlement), waarin sy die Balad-party verteenwoordig. Zoabi is ’n kampvegter vir die regte van Palestyne wat in Israel woon en wat, ten spyte daarvan dat hulle burgers van dié land is, steeds aan talle diskriminerende beleide en praktyke onderwerp word. Haar standpunt en optrede het daartoe gelei dat sy toenemend in Israel onder skoot kom.
Net onlangs nog het van haar medelede van die Knesset geëis dat sy van haar burgerskap ontneem moes word nadat sy tydens die Russel-tribunaal oor Palestina, wat verlede jaar in Kaapstad gehou is, getuienis gelewer het oor die wyse waarop daar in Israel teenoor andersdenkendes opgetree word. Zoabi het ook in 2010 aan die “Vryheidsflottielje” na Gaza deelgeneem en was aan boord die MV Mavi Marmara toe dit deur die Israelse weermag aangeval is.
Datum: Maandag 16 April 2012
Tyd: 10:30–12:00
Plek: UP Nagraadse Sentrum 1-56
RSVP: Mev Wilma Martin (wilma.martin@up.ac.za / 012 420 2034) voor 12 April
|
|
|