University of Pretoria Logo
English |  Afrikaans |    
  
Department Ondernemingsbestuur

Laat jou graad die werk doen

Elaine en Megan Olsen, tweelingsusters, is in Ladysmith, Natal gebore. Hulle stel van jongs af in voedsel en bakwerk belang. Van hul hoërskooljare af droom dié twee al daarvan om ’n eie besigheid saam te besit – om ’n koffie- en lekkernywinkel te bestuur.

Elaine het BCom(Entrepreneurskap) studeer en Megan het vir die BCom(Ondernemingsbestuur)-graad by die Universiteit van Pretoria ingeskryf – ’n vanselfsprekende keuse aangesien dit ’n uitstekende universiteit is en gelukkig ook die naaste aan hul ouerhuis is.

Na afloop van hul studies het hulle besluit om hul droom na te jaag en so is Jam & Daisies gebore. Jam & Daisies is ’n dagkafee en onthaallokaal met ’n nostalgiese, romantiese sjarme en is in Niew Muckleneuk, in die Brooklyn-area geleë.

Op die vraag oor of hulle dink dit was die moeite werd om te studeer voordat hulle hul eie onderneming begin het, het albei geantwoord: “Dit staan buite alle twyfel dat ons BCom-kwalifikasies ons met die bestuur van ons onderneming help, veral in ons denkwyse. Om ’n BCom-graad te studeer het beslis ons horison verbreed – ons het die mees waardevolle lesse oor kliëntediens en bemarking gedurende ons studies geleer.”

Volgens Megan is geduld, volharding en ’n passie vir die bedryf baie belangrike aspekte vir die suksesvolle bestuur van ’n onderneming. Dit gaan alles oor vasbyt, nederigheid en trots in jou handewerk.


Megan en Elaine Olsen, die trotse eienaars van Jam & Daisies.