University of Pretoria Logo
English |  Afrikaans |    
  
Departement FinansiŽle Bestuur

UP-span neem deel aan die CFA Instituteģ Research Challenge: EMEA-streekskompetisie in Londen

Deur Moira Mabalane

Gelaai op 16 April 2012

Moira Mabalane, Christopher Nel, Zainab Bhamjee, Marc Steinhobel, Sumaya Aziz, Christophe Harmse.
Moira Mabalane, Christopher Nel, Zainab Bhamjee, Marc Steinhobel, Sumaya Aziz, Christophe Harmse.

Die Universiteit van Pretoria se span, wat uit vyf honneursstudente bestaan het, het die plaaslike uitdaging gewen, waarna hulle op 14 en 15 Maart 2012 aan die Europa, Midde-Ooste en Afrika (EMEA)-streeksfinaal by die Barbican Sentrum in Londen deelgeneem het.

Hierdie deel van die kompetisie het 24 spanne van EMEA toegelaat, maar slegs een span kon met die EMEA-streekstitel wegstap en aan die wêreldwye finaal, wat op 11 April 2012 in New York, VSA plaasgevind het, deelneem. Stockhölm School of Economics in Switserland het as EMEA-streekswenners uit die stryd getree.

Die CFA Institute Research Challenge is ’n wêreldwye kompetisie wat die analitiese, skattings-, verslagdoenings- en voorleggingsvaardighede van universiteitstudente toets. Die uitdaging bring studente, professionele beleggingskundiges, openbare handelsmaatskappye en korporatiewe borge op plaaslike, streeks- en globale vlak byeen vir ’n wêreldwye kompetisie.

Studente doen navorsing oor ’n maatskappy, analiseer die navorsing en lê die bevindinge voor asof hulle praktiserende analiste is, in ’n poging om goeie praktyk in effekte-navorsing en maatskappy-analise te bevorder.

Sumaya Aziz, Zaainab Bhamjee, Christopher Harmse, Christopher Nel en Mark Steinhobel het as analiste opgetree en navorsing gedoen oor hul onderwerp-maatskappye Bidvest, waarna hulle die navorsing in ’n verslag saamgevat het en die maatskappy-analise en hul bevindinge voor ’n paneel van markkenners voorgelê het. Die span het uitstekend gevaar en die Universiteit is trots op hulle. Me Moira Mabalane, die span se Fakulteitsadviseur, het hulle vergesel.

Sake- en ekonomiese studente wat aan die CFA Institute Research Challenge deelgeneem het, het met professionele mense in die beleggingsmark en top firmas kennis gemaak terwyl hulle werklike ervaring van effekte-analise, navorsingsverslagdoening en voorleggingsvaardighede opgedoen het. Dit was waarlik die geval met Universiteit van Pretoria-studente wat netwerkgeleenthede gehad het en ook die kans gegun is om nuwe verhoudinge te bou en met hul toekomstige industrie-vennote kennis te maak.

Nitin Mehta, besturende direkteur van die CFA Institute (EMEA) het die volgende kommentaar oor die geleentheid gehad: “Die IRC het in hierdie sesde jaar ’n rekordgetal van 3 000 studente van 55 lande en 700 universiteite wêreldwyd byeen gebring, wat die kompetisie meer opwindend as ooit tevore maak. Ons is trots daarop om verhoudinge tussen studente, fakulteite en die industrie te versterk.”

Die hele ervaring was wonderlik vir die UP-span. Die uitdaging het met baie harde werk en intensiewe voorbereidings gepaard gegaan, maar die geleentheid was op sigself lonend. Die bonus om in die koue stad van Londen te toer het dit vir die UP-span die moeite werd gemaak.

CFA Institute is 'n geregistreerde handelsmerk van CFA Institute.



Bookmark this page: