University of Pretoria Logo
English |  Afrikaans |    
  
High Performance Centre
 

Nuus

Prof De la Rey as hoof van Innovasieraad aangestel deur Minister Naledi Pandor - 02/10/2014
Prof Cheryl de la Rey, Visekansellier en Rektor van die Universiteit van Pretoria, is aangewys as hoof van die nuwe Nasionale Raadgewende Raad vir Innovasie (National Advisory Council on Innovation (NACI)) wat onlangs deur die Minister van Wetenskap en Tegnologie, Naledi Pandor, aangestel is.
[Lees Meer]
 
UP sluit 'n vennootskap met die Universiteit van Stuttgart - 02/10/2014
Prof Cheryl de la Rey, Visekansellier en Rektor van die Universiteit van Pretoria en haar eweknie aan die Universiteit van Stuttgart, Duitsland, Prof Dr Wolfram Ressel, het 'n memorandum van verstandhouding tussen die twee instellings geteken.
[Lees Meer]
 
Alberta en Pretoria werk saam vir navorsing - 01/10/2014
Die Universiteit van Pretoria en die Universiteit van Alberta het Ďn Ooreenkoms geteken wat die fondamente lÍ vir toekomstige navorsing deur die twee universiteite.
[Lees Meer]
 
Fakulteit kry nuwe leier vir onderrig en leer - 01/10/2014
Prof Johan Oberholster, tans die GR-programbestuurder, is as nuwe Adjunkdekaan: Onderrig en Leer in die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe aangewys, met ingang van 1 Oktober 2014 tot 31 Desember 2016. Prof Oberholster sal gedurende hierdie tydperk voortgaan in sy posisie as GR-programbestuurder.
[Lees Meer]
 
Kennisgewing aan Alumni - 01/10/2014
Neem asseblief kennis dat die Algemene Jaarvergadering van TuksAlumni wat vir 9 Oktober 2014 geskeduleer was, uitgestel word na ín datum wat later aangekondig sal word.
[Lees Meer]
 
Samevloeiing van patologie en laboratoriumgeneeskunde in die era van P4-geneeskunde - 30/09/2014
Die 54ste Internasionale Kongres van die Federasie van Suid-Afrikaanse Patologieverenigings, waarvan die Universiteit van Pretoria se Departement Patologie in die Fakulteit Gesondheidswetenskappe ín trotse medeaanbieder was, het onlangs by die WNNR se doelgeboude Internasionale Konvensiesentrum plaasgevind. Gedagtig aan die prestige van hierdie kongres het die organiserende komitee ín uitstekende program saamgestel vir diť forum en byeenkoms van patoloŽ en wetenskaplikes in laboratoriumgeneeskunde uit die openbare en die private sektor.
[Lees Meer]
 
Mail and Guardian kies UP wetenskaplikes as stemme van wetenskap - 29/09/2014
Die koerant Mail & Guardian (M&G) is besig met Ďn ses maande lange projek genaamd Science Voices wat ten doel het om nagraadse studente te help om hul akademiese skryfwerk in taal aan te bied wat verstaanbaar is en en ook deur die breŽ publiek geniet kan word. Nagraadse studente het hul artikels aan M&G voorgelÍ en die beste artikels is daaruit gekies en gepubliseer. Twee PhD-kandidate en Ďn MSc-kandidaat van UP se Institusionele Navorsingstema (INT) oor Voedsel, Voeding en Gesondheid is vir hierdie toonaangewende profielbylae van M&G gekies.
[Lees Meer]