English |  Afrikaans |    
  
Business Clinic

Nuus

Internasionale spesialiste besoek die Departement Ondernemingsbestuur - 22/05/2013
Vanaf Department Ondernemingsbestuur

Mnr Anne Staal en mnr Marius van der Woude van die Hanze Universiteit Groningen in Nederland het die Departement Ondernemingsbestuur onlangs besoek. Hanze Universiteit Groningen is die grootste universiteit van toegepaste wetenskap in die noorde van Nederland.

[Lees Meer]

Die Nasionale Biodiversiteit- en Sakenetwerk amptelik geloods - 21/05/2013
Vanaf Die Albert Luthuli Sentrum vir Verantwoordelike Leierskap

Die Nasionale Biodiversiteit- en Sakenetwerk van Suid-Afrika is op 15 Mei 2013 amptelik by die Gordon Institute of Business Science (GIBS) in Sandton geloods. Die Universiteit van Pretoria is deur dr Claudious Chikozho en me Anesu Makina, albei van die Albert Luthuli Sentrum vir Verantwoordelike Leierskap (ALSVL), asook prof Don Cowan van FABI verteenwoordig.

[Lees Meer]

’n Kontinentale Leierskapstransformasieprogram geloods - 15/05/2013
Vanaf Die Albert Luthuli Sentrum vir Verantwoordelike Leierskap

Die Afrika-unie se Nuwe Vennootskap vir Afrika-ontwikkeling (NEPAD), die Verenigde Nasies se ontwikkelingsprogram (UNDP) en die Albert Luthuli Sentrum vir Verantwoordelike Leierskap (ALSVL) het onlangs ’n ronde tafel geleentheid aangebied met die doel om ’n kontinentale leierskapstransformasieprogram te loods.

[Lees Meer]

Geskiedkundige onderhoud met dr Albertina Luthuli - 06/05/2013
Vanaf Die Albert Luthuli Sentrum vir Verantwoordelike Leierskap

Mnr Anthony Makeketa, wat verantwoordelik is vir bemarking en kommunikasie by die Albert Luthuli Sentrum vir Verantwoordelike Leierskap, het op 26 April 2013 die Albert Luthuli Museum in Groutville besoek om ’’n onderhoud met dr Albertina Luthuli, dogter van Kaptein Albert Luthuli, te voer. Die hoofdoel van hierdie geskiedkundige besoek was om die onderwerp van verantwoordelike leierskap met dr Luthuli te bespreek, asook om die nalatenskap van haar pa, Kaptein Albert Luthuli te verken en te bepaal hoe die ALSVL deur akademie en navorsing tot sy nalatenskap kan bydra.

[Lees Meer]

Kennis word in Oos-Afrika gedeel - 22/04/2013
Vanaf Department Ondernemingsbestuur

Prof Ernie Heath van die Departement Ondernemingsbestuur is onlangs deur die Federation Internationale de l’Automobile (FIA) en die African Council for Touring & Automobile (ACTA) genooi om ’n twee dag leerlingskapsprogram in Dar es Salaam, Tanzanië, aan te bied. Die kernfokus van die geleentheid was om praktiese en innoverende maniere om ry-toerisme in Oos- en Suidelike Afrika aan te moedig, strategies te verken. Lande wat verteenwoordig is, sluit in Botswana, Kenia, Namibië, Suid-Afrika, Tanzanië, Uganda en Zimbabwe.

[Lees Meer]