English |  Afrikaans |    
  
Sellulêre en Molekulêre Geneeskunde

Sellulêre en Molekulêre Geneeskunde

Die Universiteit van Pretoria se Instituut vir Sellulêre en Molekulêre Geneeskunde is in pas met die Universiteit se strategie wat daarop gemik is om die gehalte van wetenskaplike navorsing te verbeter en om die Universiteit se algemene status te verhoog met verhoogde vlakke van uitnemendheid.

Die Instituut bestaan al bykans drie jaar en het ’n stewige grondslag gelê waarop dit met rasse skrede kan groei. Die Instituut is betrokke by navorsing in die volgende rigtings: aansteeklike siektes, leefstylsiektes en neurologiese siektes.

Met die oog op die toekoms, sal die Instituut aanpas by nasionale behoeftes namate hulle aan die lig kom en gestalte kry. Dit is vanselfsprekend dat die siektes wat hierbo genoem word, omvangryk is wat hul epidemiologiese kenmerke betref. Verskeie uitgebreide vakrigtings is geïdentifiseer om die fokus van die Instituut se bedrywighede te verfyn, en sluit die volgende in: genetika/genomika, selgebaseerde terapie, bio-entrepreneurskap en wetgewing/reguleringsomgewing.
Gesien vanuit ’n strategiese en bestuursoogpunt is die Instituut geïntegreer by die akademiese en bedryfstrukture van die Universiteit van Pretoria en word dit deur die Fakulteit Gesondheidswetenskappe bestuur.

Die Instituut is in wese ’n navorsingsfasiliteit met die klem op multidissiplinêre en oorkruisingstegnologieë. Dit geld die Fakulteit Gesondheidswetenskappe en die Universiteit as geheel. Die volgende departemente/afdelings in die Fakulteit Gesondheidswetenskappe is tans by projekte met die Instituut betrokke: Anatomie, Hematologie, Immunologie, Aansteeklike Siektes, Verloskunde en Ginekologie, Pediatrie, Farmakologie, Fisiologie, Fisioterapie, Plastiese Snykunde en Sielkunde. Die volgende fakulteite is tans betrokke by projekte met die Instituut: Ingenieurswese, Geesteswetenskappe, Natuur- en Landbouwetenskappe, Teologie en Veeartsenykunde.

Met die oog op verwesenliking van sy doel om bemarkbare oplossings in gesondheidsorg te bied, is die Instituut in werksverhoudings met die privaatsektor gewikkel, met die gevolg dat die kultuur en vaardighede van die privaatsektor aan die Instituut oorgedra word. Hierdie oordragingsproses is in voeling met veranderende modelle in die akademiese sektor.

As gevolg van die evolusionêre ontwikkeling van die Instituut, bestaan dit tans as ’n virtuele entiteit. Die medium- tot langtermynoogmerk vir die Instituut is dat dit nuwe geriewe sal betrek in ’n gebou wat by die Universiteit se Prinshofkampus opgerig gaan word.

Kontakpersoon:
Prof. Michael Pepper
E-pos: michael.pepper@up.ac.za
Telefoon: +27 12 420 3845



 

Nuus

UP steek grense oor met toerisme - 13/06/2013
Die Fakulteit Geesteswetenskappe van die Universiteit van Pretoria is onlangs deur twee akademiese personeellede op die Atlas Africa konferensie in Kigali, Rwanda, verteenwoordig. Mnr. Richard Wyllie (Departement Historiese en Erfenisstudies) en Professor Chris Boonzaaier (Departement Antropologie en Argeologie ) het albei referate gelewer. Die Rwanda Tourism University College (RTUC) het vir die eerste keer as gasheer opgetree vir die agtste twee-jaarlikse konferensie wat vanaf 3 tot 5 Junie 2013 gehou is.
[Lees Meer]
 
Teaterhoogtepunte: "Chasing" en "As Night Falls" - 11/06/2013
Die produksies Chasing (gebaseer op die lewe van Ingrid Jonker) en As Night Falls (gebaseer op die lewe van Helen Martins) word binnekort by die Maskerteater van die Universiteit van Pretoria opgevoer. Hierdie produksies word aangebied deur die Dramadepartement en die Matchbox Theatre Collective. Beide produksies se choreografie is deur Nicola Haskins behartig. Maak seker dat jy nie hierdie produksies mis voordat hulle na Smithfield en die Nasionale Kunstefees in Grahamstad vertrek nie. As Night Falls het in 2011 'n "Standard Bank Ovation Award" ontvang.
[Lees Meer]
 
Bemarking-honneursstudente beïndruk Newsclip - 10/06/2013
Deel van die BComHons (Bemarkingsbestuur)-program is om studente met praktiese vaardighede toe te rus wat hulle as jong bemarkers in die bedryf sal benodig. Om hierdie doel te bereik, het die Departement Bemarkingsbestuur ’n vennootskap met Newsclip aangegaan. Die vennootskap het studente in staat gestel om media-monitering in die gedrukte, uitsaai-, aanlyn- en sosiale media uit te voer deur Newsclip se verskeie beskikbare platforms te benut.
[Lees Meer]
 
Navorsing oor die toekoms van reisbestuurmaatskappye - 07/06/2013
’n Onderwerp wat deesdae baie aandag geniet in die toeristebedryf is reisbestuurmaatskappye en hul toekoms. Hierdie onderwerp word tans deur mnr Ross Thompson, ’n MCom (Toerismebestuur)-student in die Afdeling Toerismebestuur nagevors. Die navorsing word onder leiding van prof Berendien Lubbe, hoof van die Afdeling Toerismebestuur en dr Anneli Douglas, personeellid in die Afdeling gedoen. Die navorsingstudie se titel is “The future of travel management companies: a comparative study between South Africa, Finland and the Netherlands”.
[Lees Meer]
 
Toekomstige talent ontmoet die navorsingsbedryf - 07/06/2013
Die Future Talent Meets the Industry-inisiatief bied aan studente regoor die wêreld die geleentheid om aan een van die Europese Genootskap vir Opinie en Marknavorsing (European Society for Opinion and Market Research – ESOMAR) se wêreldwye gebeurtenisse deel te neem. Twee BCom (Bemarkingsbestuur)-studente van die Universiteit van Pretoria is gekies om aan die inisiatief deel te neem. ESOMAR is ’n wêreldvereniging vir mark-, sosiale en opinie-navorsers met die doel om marknavorsing wêreldwyd aan te moedig, te bevorder en te verhef.
[Lees Meer]
 
Veelkantige reaksie benodig om Xenofobie te bekamp - 07/06/2013
Die Sentrum vir Menseregte in die Fakulteit Regsgeleerdheid aan die Universiteit van Pretoria spreek sy kommer uit oor die onlangse toename in xenofobiese geweld dwarsoor Suid-Afrika. Dit kom na berigte oor die aanvalle en moord op Somaliese burgers in Diepsloot, Gauteng, en buite Port Elizabeth in die Oos-Kaap.
[Lees Meer]
 
Prof Don Cowan ontvang A-gradering vanaf Nasionale Navorsingsinstituut - 04/06/2013
Prof Don Cowan, ’n internasionale navorser van faam en die Direkteur van beide die Institusionele Navorsingstema in Genomika en die Sentrum vir Mikrobiologiese Ekologie en Genomika (CMEG) van die Universiteit van Pretoria (UP), het onlangs ’n A-gradering vanaf die Nasionale Navorsingsinstituut ontvang.
[Lees Meer]