Die Universiteit van Pretoria het onlangs ’n proses in werking gestel wat daarop gerig is om dié instansie se unieke sterk punte ten opsigte van navorsing te identifiseer en die ontwikkeling te steun van sterk multidissiplinêre navorsingsgroepe waarvan die werk op hierdie sterk punte toegespits is.
Die toespitsingproses bestaan uit twee lae:
Institusionele navorsingstemas (INT’s), wat grootskaalse inisiatiewe is waarby ’n groep deelnemende fakulteite betrek word
Fakulteitsnavorsingstemas (FNT’s), wat meer beperkte deelname deur ’n paar fakulteite behels
Beide INT’s en FNT’s is ontwerp om uitmuntendheid op die gebied van navorsing te herken en aan te moedig en hulle deur erkende internasionale leiers in hul bepaalde dissiplines te laat lei.
Daar word verwag dat, namate hierdie temas ontwikkel, hulle die Universiteit se aansien as navorsingsinstansie verder sal verhoog, ’n omgewing sal skep wat bevordelik is vir die ontwikkeling van vakkundigheid onder akademiese personeel en nadoktorale genote en die lewering van ’n groter aantal doktorate sal bevorder.
Institusionele Navorsingstemas
Fakulteit Navorsingstemas
Nuus
TuksGholf-oefensentrum amptelik geopen by die Universiteit van Pretoria - 17/05/2013
Die Universiteit van Pretoria is trots op sy welbekende prestasies op verskeie sportterreine. Hierdie prestasies kan toegeskryf word aan die Universiteit se sportfasiliteite wat van die beste onder Suid-Afrikaanse universiteite is. Nou het die Universiteit, deur TuksSport en die high performance centre (hpc), ’n verdere stap gedoen deur amptelik ’n gholf-oefensentrum te open.
[Lees Meer]
’n Kontinentale Leierskapstransformasieprogram geloods - 15/05/2013
Die Afrika-unie se Nuwe Vennootskap vir Afrika-ontwikkeling (NEPAD), die Verenigde Nasies se ontwikkelingsprogram (UNDP) en die Albert Luthuli Sentrum vir Verantwoordelike Leierskap (ALSVL) het onlangs ’n ronde tafel geleentheid aangebied met die doel om ’n kontinentale leierskapstransformasieprogram te loods.
[Lees Meer]
Tuks studente skitter by G20-Jeugforum in Rusland - 08/05/2013
Die G20-Jeugforum was die grootste internasionale byeenkoms wat in 2013 vir jong leiers aangebied is, en meer as 1 500 jong leiers, studente en akademici, verteenwoordigers van die sakewêreld en regerings het daaraan deelgeneem.* Ses studente van die Universiteit van Pretoria is as verteenwoordigers van die Suid-Afrikaanse jeugkontingent gekies om die Forum van 17 tot 21 April 2013 in St Petersburg by te woon.
[Lees Meer]