English |  Afrikaans |    
  
Fakulteit Teologie

In die Fakulteit Teologie word stimulerende en inspirerende leiding aan voor- en nagraadse studente gegee. Daar word ook in die opleidingsbehoeftes van kerke voorsien. Die oogmerk is om goed toegeruste predikante te lewer. Studente word geleer om selfstandig, kreatief en krities te dink en doen. Die Fakulteit Teologie se grootste bate is die mense.  Dosente en studente. In dié huis is almal welkom en is daar blyplek vir almal: dosente en studente van die Fakulteit Teologie word daarin geoefen om vanuit ‘n vaste geloofsgrond nugter en gebalanseerde burgers van die samelewing te wees. Daarom staan daar op ‘n bordjie by die voordeur: Hier is jy hartlik Welkom! 


 
Prof Johan Buitendag
Dekaan: Fakulteit Teologie