English |  Afrikaans |    
  
Studenteverblyf

Koshuisfasiliteite en Instandhoudingsbestuur 

A. Koshuisfasiliteite

Elke koshuis word deur 'n bestuurspan bestuur: die Koshuishoof, Koördineerder: Koshuisfasiliteite en die Huiskomitee. Die Koördineerder:  Koshuisfasiliteite hanteer alle klagtes met betrekking tot koshuisfasiliteite (algemene foute en onderhoud). Die Koördineerder hanteer ook alle interne (koshuis) administrasie en reëlings wanneer gaste in die koshuise geakkommodeer word.

A.1. Skoonmaakdienste

- Hierdie diens word deur ‘n eksterne kontrakteur gelewer.

- Studente is verantwoordelik vir die algemene netheid van hul kamers, skoonmaak van hul kamers (verskaf hul eie skoonmaakprodukte), en moet eie linne verskaf en hul eie beddens opmaak.

- Gemeenskaplike areas soos gange, badkamers, toilette, voorportale, trappe, sitkamers en onderdakparkering word daagliks (Maandag tot Vrydag) deur die skoonmaakdienste skoongemaak.

- Studente is vir hul eie wasgoed verantwoordelik.  Alle koshuise het wasmasjiene en tuimeldroërs, en studente moet hul eie waspoeier en versagmiddel, ens verskaf.

- Kernpersoneel is Saterdae beskikbaar om vullis te verwyder en om badkamers en toilette alleenlik skoon te maak.

- Geen skoonmaakdienste is op Sondae of openbare vakansiedae beskikbaar nie.

- Tydens vakansies word daar van studente verwag om hul kamers skoon en netjies te los voordat hulle weggaan.

- Alle kamers word tydens die Desember-vakansie heeltemal skoongemaak.


A.2. Busdienste

- Hierdie diens word deur ‘n eksterne kontrakteur gelewer.

- Groenkloofkampus: daagliks (Maandag tot Saterdag) na Hatfieldkampus en terug – kliek hier vir die busskedule.

- Hillcrestkampus (manskoshuise, Katjiepiering & TuksDorp): daagliks (Maandag tot Saterdag) na Hatfieldkampus en terug – kliek hier vir die busskedule.

- Prinshofkampus (Gesondheidswetenskappe): daagliks (Maandag tot Saterdag); slegs gedurende die eerste semester).

- Mamelodikampus: daagliks (Maandag tot Saterdag) vanaf Tuks Naledi na Mamelodikampus en terug – kliek hier vir die busskedule.

** Vir meer inligting, skakel mnr Herkie Smit by herkie.smit@up.ac.za of 012 420 2745.
________________________________________________________________________________

B. Instandhoudingsbestuur

Die afdeling Onderhoudsbestuur se doel is om vir elke student ‘n veilige, gerieflike huis-weg-van-die-huis te bied, waar studente hul akademiese doelwitte kan bereik (hulle sorg vir kwaliteit luister-, leef- en leergemeenskappe). Hierdie afdeling is vir die daaglikse onderhoud van koshuise verantwoordelik, sowel as vir groter projekte (soos die opgradering van koshuise).  

Ons interne Onderhoudspan is uiters kompetent en lewer ‘n 24/7-diens. Eksterne kontrakteurs staan hulle hiermee by.

Onderhoud-verwante probleme wat studente met betrekking tot hul koshuisfasiliteite mag hê, moet by die Koördineerder: Koshuisfasiliteite aangemeld word. Hulle sal die relevante kontrakteur kontak en sorg dat die probleem so gou moontlik opgelos word.

Tydens die Desember-vakansie werk hierdie afdeling aan grootskaalse opgradering en onderhoudsprojekte in die koshuise.

Die Koördineerder: Koshuisfasiliteite, Onderhoudsbeamptes en Kontrakbestuurders inspekteer by tye die koshuise en studente se kamers om te verseker dat die onderhoud op standaard is en om te kyk waar onderhoud nodig is.  

Kontakbesonderhede:

Hoof: Mnr Alec Blackhall
Tel: 012 420 3107
E-pos: alec.blackhall@up.ac.za

Projekbestuurder: Mnr Sakkie Thaoge
Tel: 012 420 2105
E-pos: sakkie.thaoge@up.ac.za

Hoof van Onderhoudspan: Mnr Angus Rabie
Tel: 012 420 4203
E-pos: angus.rabie@up.ac.za

A
dministratiewe Assistent: Me Elsie Jordaan
Tel: 0120 420 2442
E-pos: 
elsie.jordaan@up.ac.za