|
C: NAVRAE OOR INSTANDHOUDING
1. Waar moet ek foute in my kamer aanmeld?
- Daar is 'n boek op 'n baie prominente plek in elke koshuisgebou ("Versoeke vir herstelwerk") waar jy die fout kan rapporteer. Foute wat geregistreer is, word by verskeie kontrakteurs aangemeld, wat dan daaraan aandag sal gee.
2. Sal ek 'n rekening kry vir herstelwerk soos in 1. genoem?
- Jy sal geen rekening ontvang indien die fout gewone onderhoud is nie.
3. Kan ek spykers in die mure inslaan ens. om prentjies op te hang?
- Ongelukkig nie. Jy sal 'n rekening ontvang vir enige skade, soos spykers in die mure of verf wat deur "double-sided tape" of Prestik beskadig word.
4. Watter gereedskap en toerusting mag ek in my kamer hê?
- Dit kan verskil van koshuis tot koshuis, maar jy mag gewoonlik die volgende in jou kamer hê: 1) gewone eet- en breekware; 2) 'n 120-liter yskas/vrieskaseenheid; 3) ketel; 4) broodrooster; 5) 23-liter mikrogolfoond; 6) strykyster; 7) 8-vin olieverwarmer; 9) rekenaar en klankstelsel; 10) elektriese haardroërs en krullers.
5. Moet ek onmiddellik vir skade betaal?
- Wanneer jy verblyf in een van die Universiteit van Pretoria se koshuise kry, word jou akkommodasiefooie en deposito vir skade by jou rekening gevoeg. Enige skade wat jy veroorsaak, sal van die deposito afgetrek word.
6. Wat moet ek doen indien iets na ure breek?
- Die Universiteit se Sekuriteitsdienste sal jou help indien jy na ure skakel. Hulle sal die betrokke kontrakteur dan kontak om die nodige herstelwerk te doen. Hierdie is die 24-uur noodnommer: 012 420 2310.
7. Sal ek 'n rekening kry vir herstelwerk wat na ure gedoen moet word?
- Nee, jy sal geen rekening ontvang indien die probleem nie deur jou veroorsaak is nie.
8. Wat is my okkupasieregte wanneer 'n koshuiskamer aan my toegeken word ?
- Ons waarborg, sover moontlik, jou privaatheid en wil omstandighede in jou koshuis skep sodat jy gemaklik kan leef, luister en leer. Hiermee saam kom goed onderhoude koshuisgeboue en ondersteuningspersoneel wat jou sal help terwyl jy by ons inwoon.
|