University of Pretoria Logo
English |  Afrikaans |    
  
Studenteverblyf

B: ALGEMENE NAVRAE                           

1. Wat is die verskil tussen 'n Inisiasieprogram en 'n Oriënteringsprogram?
 - According to www.dictionary.comInitiation” is “the form or ceremony by which a person is introduced into any society; mode of entrance into an organised body; especially, the rite of admission into a secret society or order”. “Orientation” is “an introduction, as to guide one in adjusting to new surroundings, activity, etc. In our residences, we orientate first year students to adapt to a new living environment.

2. Is daar 'n balans tussen akademiese en koshuis/studentelewe?
 - Ja, daar is definitief 'n balans en jy is verantwoordelik vir daardie balans. Daar sal van jou verwag word om aan sekere aktiwiteite van jou koshuis deel te neem. Hou dit altyd in gedagte dat niks verpligtend is nie en dat jy hier is om 'n graad te verwerf.

3. Watter tipe ondersteuning kan ek van die Universiteit as eerstejaarstudent verwag? 
 - As student aan die Universiteit van Pretoria is daar baie roetes wat jy kan volg vir ondersteuning, afhangend van wat die probleem is. Hier is 'n paar:

  • UP 24-uur Operasionele Bestuursentrum: Jy kan hulle vir enigiets skakel, en indien hulle jou nie kan help nie, sal hulle jou na die mense verwys wat jou kan help.
  • UP Studenteondersteuning: Hulle bied die volgende dienste aan – 24-uur krisislyn, emosionele, akademiese en geloofsondersteuning, studentegesondheid en die eenheid vir studente met spesiale behoeftes.
  • Die Koördineerder Studenteondersteuning – Koshuise is spesifiek vir koshuisstudente beskikbaar om ondersteuning aan hulle te bied en om hulle gemoedsrus ten opsigte van hul bekommernisse te gee.

Jy sal op een of ander stadium tydens jou verblyf by ons die dienste van hierdie mense benodig.

4. Watter aktiwiteite kan ek aan deelneem?
 - Aangesien jy in 'n koshuis bly, sal aan al die aktiwiteite blootgestel word wat die Universiteit aanbied. Jy kan aansluit by STUKU (Kultuurkomitee), die Joolkomitee, deelneem aan 'n aantal sport- en ander ontspanningsaktiwiteite, by een van die kore aansluit, as joernalis vir die Perdeby (die kampus se studentekoernat) werk of daarvoor aansoek doen om 'n platejoggie by Tuks FM te word. Hierdie is maar 'n paar van die vele aktiwiteite waaraan jy kan deelneem.

5. Wat moet ek saambring wanneer ek by die koshuis intrek?
 - Koshuiskamers is met die volgende toegerus: bed, matras, boekrak, lessenaar, stoel, kas (met rakke en hangplek) en 'n spieël.
 

Toelaatbare items in die kamer:

Verbode items:

§ Persoonlike breek- en eetware

§ Eie gordyne.

§ Waaier-verwarmer of ‘n 7-vin olie-verwarmer

§ Radio

§ Leeslamp

§ Elektriese strykyster en strykplank

§ Ketel met 1,5 liter kapasiteit

§ 2-sny “pop-up” broodrooster

§ Rekenaar en drukker

§ Mikrogolfoond (maks. 20 liter)

§ Yskas (maks. 110 liter)

§ Enige vorm van ‘n stoof

§ Elektriese braaipan

§ Gasbraaiers

§ Oop element-verwarmers

§ Lugversorger

§ “Snackwich”/Elektriese toebroodjie-maker

 

* Hierdie items sal gekonfiskeer word.