University of Pretoria Logo
English |  Afrikaans |    
  
Institute for Women's and Gender Studies

Welkom by die Instituut vir Vroue- en Genderstudie

Neem asseblief kennis dat die Instituut vir 'n tydperk van 2 jaar dormant sal wees.


Die Instituut vir Vroue- en Genderstudie voorsien dat ons deur die bevordering van gendergeregtigheid en vroue se menseregte daartoe sal bydra om armoede onder vroue in Suidelike Afrika uit te wis en dat ons ‘n kultuur van verdraagsaamheid, diversiteit en demokrasie sal opbou. Om dit te bereik, begin die Instituut met ‘n program om opleiding, navorsing en publikasies oor gender en transformasie saam met verwante departemente, sowel as kollegas en insethouers van die burgerlike samelewing, regering, plaaslike gemeenskappe en sleutel individue, te bevorder. 

Op ons webwerf is daar inligting oor die Instituut, sy aktiwiteite en genderkwessies. U kan artikels oor ons huidige navorsingsbelangstellings en gemeenskapsprojekte lees en aflaai.  

 

Nuus

Assupol TuksKrieket Ė RedBull Kampuskrieket-wÍreldkampioene - 28/07/2014
Assupol TuksKrieket is gekroon as 2014 se wenners van die RedBull Kampuskrieket-wÍreldkampioenskap.
[Lees Meer]
 
Internasionale vereniging vereer prof Kobus Maree as uitnemende sielkundige - 25/07/2014
'n Internasionale eer het professor Kobus Maree, dosent in die Departement Opvoedkundige Sielkunde, Fakulteit Opvoedkunde aan die Universiteit van Pretoria (UP), onlangs te beurt geval. Hy is as genoot van die Internasionale Vereniging vir Toegepaste Sielkunde (IAAP) aangewys tydens hul vierjaarlikse internasionale kongres in Julie in Parys. Die kongres is deur 4 500 sielkundiges van 100 lande bygewoon.
[Lees Meer]
 
TuksSport-atlete neem deel aan Statebondspele - 25/07/2014
Die 2014 Statebondspele (amptelik die XX Statebondspele) word van 23 Julie tot 3 Augustus in Glasgow, Skotland gehou. Dit is die derde grootste multisportbyeenkoms naas die Olimpiese Spele en die Asiatiese Spele, en sal die grootste multisportbyeenkoms wees wat nog ooit in Skotland plaasgevind het. Ongeveer 4 560 atlete sal aan 17 verskillende sportsoorte deelneem.
[Lees Meer]
 
UP-personeellid bevind haar in ín ander liga - 25/07/2014
Fatima Cassim, wat aan die hoof van die Afdeling Inligtingsontwerp in die Departement Visuele Kunste van die Fakulteit Geesteswetenskappe aan die Universiteit van Pretoria staan, is van mening dat ontwerp toenemend die moontlikheid inhou om oplossings te bied vir sommige van die ingewikkelde maatskaplike, omgewings- en politieke probleme wat die samelewing in die gesig staar. Sy glo in die besonder dat ontwerpdenke as ín probleemoplossingsmetode kan bydra om ín nuwe toekoms in die vooruitsig te stel en moontlik te maak en om burgers te mobiliseer om toenemend en op meer betekenisvolle maniere tot aksie oor te gaan. Ooreenkomstig hierdie beskouing lÍ sy haar in haar doktorale proefskrif aan UP op ontwerpaktivisme en ontwerpburgerskap toe.
[Lees Meer]
 
Fakulteit Gesondheidswetenskappe se navorsing in Limpopo baan weg vir opwindende samewerking oor prostaatkanker - 24/07/2014
Die Departement Urologie en die Skool vir Gesondheidstelsels en Openbare Gesondheid, Fakulteit Gesondheidswetenskappe, Universiteit van Pretoria (UP) werk oor die afgelope twaalf jaar mee aan die ontwikkeling van gesondheidsnavorsing in die Vhembe-distrik van die Limpopo-provinsie. Die teenwoordigheid van UP in die Thohoyandou-gebied het gelei tot ín samewerkende vennootskap met PHAKAMISA, ín wÍreldwye erkende toegangsprogram wat ten doel het om ín direkte invloed te hÍ op die uitkomste van die behandeling en sorg van kankerpasiŽnte asook die behoeftes van diegene wat hierdie gevreesde bestuur. Dit sluit die ondersteuning van gesondheidsorgverskaffers en prostaatkankerpasiŽnte in.
[Lees Meer]
 
UP-graduandus in Beeldende Kunste algehele wenner in Absa LíAtelier-kunskompetisie 2014 - 24/07/2014
Die Absa LíAtelier-kunskompetisie is Suid-Afrika se toonaangewendste jaarlikse kunsgebeurtenis. ín Toekenning in hierdie kompetisie sorg nie net dat Suid-Afrika se opkomende kunstenaars erkenning ontvang nie maar gee ook aan hulle die geleentheid om hul talent in die buiteland te ontwikkel. Die kompetisie word met die samewerking van die Suid-Afrikaanse Nasionale Vereniging vir die Visuele Kunste (SANAVA) aangebied. Liberty Battson, wat onlangs aan UP haar graad ontvang het, is vanjaar as die algehele wenner van 2014 aangewys.
[Lees Meer]
 
UP se dr Phatho Cele Zondi aangestel as Hoof Mediese Beampte vir Span SA by 2014 Statebondspele - 23/07/2014
Dr Phatho Cele Zondi, dosent in Sportgeneeskunde by UP, is as Hoof Mediese Beampte vir die Suid-Afrikaanse span by 2014 se Statebondspele in Glasgow, Skotland aangewys. Diť spele vind van 23 Julie tot 3 Augustus plaas.
[Lees Meer]