University of Pretoria Logo
English |  Afrikaans |    
  
Internationale studente

 

Nuus

Sedibeng Water en UP - 15/09/2014
Op 9 September 2014 het die Departement Chemiese Ingenieurswese die die Sedibeng Water-leerstoel in Waterbenuttingsingenieurswese bekend gestel. Hierdie leerstoel is 'n samewerkingsinisiatief vir navorsing tussen UP en Sedibeng Water. Die geleentheid is bygewoon deur sleutelrolspelers in die bedryf en UP-personeel. Sleuteltoesprake is gelewer deur UP se prof Roelf Sandenbergh, prof Philip de Vaal, prof Evans Chirwa en mnr R Takalani, Direkteur: Korporatiewe Dienste en Waarnemende Hoof Uitvoerende Beampte van Sedibeng Water.
[Lees Meer]
 
Prof Stella Nkomo ontvang spesiale toekenning van die Nasionale Navorsingstigting (NNS) - 12/09/2014
Professor Stella Nkomo, Adjunkdekaan vir Navorsing en Nagraadse Studies in die Fakulteit van Ekonomiese en Bestuurswetenskappe aan die Universiteit van Pretoria, het die NNR se toekenning “Kampvegter vir die Ontwikkeling van Navorsingskapasiteit by Suid-Afrikaanse Instellings van Hoër Onderwys” vir 2014 ontvang.
[Lees Meer]
 
UP werk saam aan ’n projek om honger en ondervoeding die hoof te bied - 12/09/2014
Die Universiteit van Pretoria (UP) sal een van die instansies wees wat saamwerk aan ’n reeks projekte wat gebaseer is op die beste idees en strategieë wat węreldwyd gegenereer is om oplossings te vind vir die honger en ondervoeding wat in sommige van die węreld se mees meedoënlose landboustreke aangetref word.
[Lees Meer]
 
Dekaan van Opvoedkunde verkies tot ondervoorsitter van SA Akademie vir Wetenskap en Kuns - 11/09/2014
Prof Irma Eloff was tydens die onlangse Raadsvergadering van Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns verkies tot Ondervoorsitter.
[Lees Meer]
 
Navorsing oor sensoriesevoedselwetenskap weerklink in Afrika - 11/09/2014
Prof Riëtte de Kock van die Departement Voedselwetenskap aan die Universiteit van Pretoria (UP), het in Augustus ’n volsittinglesing, getitel ‘Navorsing oor sensoriesevoedselwetenskap wat weerklink in Afrika’, gelewer op die Internasionale Unie vir Voedselwetenskap en Tegnologie (IUFoST) se Węreldkongres oor Voedselwetenskap en Tegnologie in Montreal, Kanada. In die lesing het prof De Kock verduidelik hoekom sensoriesevoedselwetenskap baie belangrik is vir voedselsekerheid en ekonomiese ontwikkeling in die ontwikkelende węreld, veral in Afrika.
[Lees Meer]
 
Tukkie-student wen prestige-musiekkompetisie - 09/09/2014
Tydens ‘n glansgeleentheid in die Musaion Teater op die Universiteit van Pretoria (UP) se Hatfieldkampus die aand van Saterdag 6 September, is UP student Willem de Beer aangewys as die algehele wenner van die Afrikaanse Taal-en-Kultuurverening (ATKV) se nasionale instrumentale klassiekemusiekkompetisie, ATKV-Muziq. Willem se leermeester is UP se legendariese professor Joseph Stanford.
[Lees Meer]
 
Nuwe navorsingstema vir Geesteswetenskappe: Die Kind en die Storie - 08/09/2014
In Augustus is ‘n nuwe navorsingstema van die Fakulteit Geesteswetenskappe, ‘Die Kind en die Storie’, met dr Molly Brown van die Departement Engels as direkteur, van stapel gestuur. Die Fakulteit se ander vyf navorsingstemas is: 'Verbetering van die Welsyn van Weerlose Kinders', 'Vrede en Konflik', 'Suidelike Moderniteite', 'Visuele Tegnologieë – Kritieke Ontmoetings' en die 'Program in Mense-ekonomie'.
[Lees Meer]
 



International Information
Guide 2011