Nadoktorale studiebeursprogram
Interne befondsing
Die Universiteit van Pretoria ken jaarliks nadoktorale studiebeurse toe met die oog daarop om ‘n omgewing uit te brei en vol te hou wat lewendige navorsing, vakkundigheid en ‘n kultuur van innovering ondersteun. Om hierdie oogmerk te bereik, streef die Universiteit daarna om nadoktorale studente te werf wat uitstaande talent getoon het in hul area van navorsing en wat tot ’n volhoubare kultuur van navorsing sal bydra deurdat produktiwiteit op die gebied van navorsing bevorder word.
Die studiebeurse is daargestel om bestaande akademiese navorsing of vakkundige of kreatiewe aktiwiteite aan die Universiteit uit te brei deur middel van die volgende:
- om gevestigde navorsers en navorsingsentiteite die geleentheid te bied om individue te werf sodat hulle hul navorsingstudiebeurse kan versterk;
- om uitstaande jong navorsers die geleentheid te bied om hul navorsingsvaardighede uit te brei en dit na UP oor te dra;
- die beroepe van nadoktorale studente as akademici uit te brei deur deelname tot ‘n beperkte graad ten opsigte van onderrig en medetoesighouding van nagraadse studente aan te moedig;
- die teenwoordigheid van hierdie studente aan te moedig deur middel van die ontwikkeling van nuwe areas van navorsing en verhoogde navorsingsproduktiwiteit deur middel van ’n hoër vlak van publikasies en die resultaat van nagraadse studente.
Toekennings word jaarliks op ‘n kompeterende basis toegeken terwyl genoegsame befondsing beskikbaar is. Voornemende nadoktorale/navorsingsgenote moet voornemende navorsingsleiers (mentors) konsulteer, saam met wie hulle medeaansoekers vir nadoktorale studiebeurse word. Voornemende navorsingsleiers (mentors) sal vir hierdie studiebeurse deur die UP-advieskomitee vir Nadoktorale Navorsingsstudiebeurse aansoek doen.
KONTAKPERSONE:
Navorsingsondersteuning
Me Catherine-Ann Sandis
Bemarkingsdienstegebou, Kamer 2-15.1
Tel: 420-4023 / Faks: 420-4025
E-pos: Cathy.Sandis@up.ac.za |
Kliëntedienssentrum
Me Mpho Maithufi
Kliëntedienssentrum, Kamer 1-4
Tel: 420 4077 / Faks: 420-5125
E-pos: mpho.maithufi@up.ac.za |
Belangstellende partye kan vir meer inligting die volgende dokumente aflaai:
Skakel asseblief vir Cathy Sandis by 012 420 4023 indien jy enige navrae het.
|