Projek van die Sentrum vir Aanvullende en Alternatiewe Kommunikasie en
Departement Drama
Die Sentrum vir Aanvullende en Alternatiewe Kommunikasie (SAAK) se FOFA-projek en UP se Departement Drama se Teater vir Ontwikkeling het op 'n "dramatiese" manier saamgespan vir 'n unieke produksie getitel “The silence that surrounds us”. ["Die stilte om ons".]
FOFA (die Noord-Sotho-woord vir "vlieg" of "sweef") is 'n baanbrekende niekurrikulêre gemeenskapsbetrokkenheidsprojek deur die SAAK en poog om kommunikasie en bemagtiging vir jeugdiges met ernstige kommunikasieprobleme te fasiliteer deur die gebruik van Aanvullende en Alternatiewe Kommunikasie (AAK).
Hierdie dramaproduksie tussen die twee departemente het ontstaan as gevolg van die gesamentlike pogings van me Kerstin Tonsing (Sentrum vir AAK) en mnr Johan Visser (Departement Drama se koördineerder vir Teater vir Ontwikkeling).
As deel van die agtergrondnavorsing vir die ontwikkeling van die draaiboek en die akkurate uitbeelding van die lewe van mense met ernstige kommunikasiegestremdhede het twee finalejaarstudente, Grant Towers en Delia da Silva, onderhoude gevoer met deelnemers aan die FOFA-projek. Die gevolglike dramaproduksie, wat op 12 Mei 2010 plaasgevind het, het die gehoor vasgenael gehou deurdat die uitdagings om nie te kan praat nie, op aangrypende wyse uitgebeeld is deur eerste- en tweedejaardramastudente. Kwessies soos gebrek aan beheer, om uit die hoogte behandel te word, asook die viktimisering en mishandeling van mense wat nie kan kommunikeer nie, is op realistiese wyse verken. "Teater vir Ontwikkeling' is bedoel om te skok, bewustheid te verhoog en die gehoor tot optrede aan te por eerder as om te vermaak. Te oordeel na die kommentaar van die gehoor is dit presies wat gebeur het.
'Ek het nooit die erns besef van die situasie waarin mense wat nie kan praat nie, hulle bevind nie.' (Lid van die gehoor)
‘Hulle het my lewe uitgebeeld – presies soos dit is' (Persoon wat Aanvullende en Alternatiewe Kommunikasie gebruik.) Dit was net enkele van die kommentaar wat gehoor is deur die gehoor van sowat 200 wat die Maskerteater volgepak het.
Die aand het beslis die algemene publiek se bewustheid verhoog van kwessies waarmee mense worstel wat nie kan kommunikeer nie en het ook bygedra tot die algemene akademiese diensleer van UP se dramastudente.
Om meer te wete te kom van die FOFA-projek en Aanvullende en Alternatiewe Kommunikasie, besoek gerus die Sentrum vir AAK se webblad by www.caac.up.ac.za
“Theatre for Development “drama students in the production
“The Silence that Surrounds Us.”
AAC users Cival Mills and Tom Fourie (Fofa participant) in
conversation using an AAC communication device.
.jpg)
Felix Visagie (Fofa participant) sharing his personal experiences of being an AAC user.
.jpg)
“Getting in on the act”. Audience members experience what it is like to be have a
communication disability.
.jpg)
|