University of Pretoria Logo
English |  Afrikaans |    
  
Mnisi Community Programme

Nuus

Assupol TuksKrieket – RedBull Kampuskrieket-węreldkampioene - 28/07/2014
Assupol TuksKrieket is gekroon as 2014 se wenners van die RedBull Kampuskrieket-węreldkampioenskap.
[Lees Meer]
 
Navorsing verken die drywers van verbintenis en prestasie - 28/07/2014
Dit is ’n bekende feit dat verbintenis fundamenteel is vir die meeste groot prestasies van mense. Maar hoe beďnvloed en versterk identiteit mense se verbintenis en hoe verskaf dit ’n raamwerk vir die verwesenliking van toekomsdoelwitte? Watter faktore maak mense se gedrag op die lange duur voorspelbaar en volhoubaar, en wat is die gevolge van verbintenis? Dit is die vrae wat prof Salome Human-Vogel wil beantwoord deur haar jongste navorsing oor die faktore wat mense dryf om hulle doelwitte te bereik, veral dié wat ’n rol speel in hoe mense hul eie gedrag reguleer.
[Lees Meer]
 
Internasionale vereniging vereer prof Kobus Maree as uitnemende sielkundige - 25/07/2014
'n Internasionale eer het professor Kobus Maree, dosent in die Departement Opvoedkundige Sielkunde, Fakulteit Opvoedkunde aan die Universiteit van Pretoria (UP), onlangs te beurt geval. Hy is as genoot van die Internasionale Vereniging vir Toegepaste Sielkunde (IAAP) aangewys tydens hul vierjaarlikse internasionale kongres in Julie in Parys. Die kongres is deur 4 500 sielkundiges van 100 lande bygewoon.
[Lees Meer]
 
TuksSport-atlete neem deel aan Statebondspele - 25/07/2014
Die 2014 Statebondspele (amptelik die XX Statebondspele) word van 23 Julie tot 3 Augustus in Glasgow, Skotland gehou. Dit is die derde grootste multisportbyeenkoms naas die Olimpiese Spele en die Asiatiese Spele, en sal die grootste multisportbyeenkoms wees wat nog ooit in Skotland plaasgevind het. Ongeveer 4 560 atlete sal aan 17 verskillende sportsoorte deelneem.
[Lees Meer]
 
UP-personeellid bevind haar in ’n ander liga - 25/07/2014
Fatima Cassim, wat aan die hoof van die Afdeling Inligtingsontwerp in die Departement Visuele Kunste van die Fakulteit Geesteswetenskappe aan die Universiteit van Pretoria staan, is van mening dat ontwerp toenemend die moontlikheid inhou om oplossings te bied vir sommige van die ingewikkelde maatskaplike, omgewings- en politieke probleme wat die samelewing in die gesig staar. Sy glo in die besonder dat ontwerpdenke as ’n probleemoplossingsmetode kan bydra om ’n nuwe toekoms in die vooruitsig te stel en moontlik te maak en om burgers te mobiliseer om toenemend en op meer betekenisvolle maniere tot aksie oor te gaan. Ooreenkomstig hierdie beskouing lę sy haar in haar doktorale proefskrif aan UP op ontwerpaktivisme en ontwerpburgerskap toe.
[Lees Meer]
 
Fakulteit Gesondheidswetenskappe se navorsing in Limpopo baan weg vir opwindende samewerking oor prostaatkanker - 24/07/2014
Die Departement Urologie en die Skool vir Gesondheidstelsels en Openbare Gesondheid, Fakulteit Gesondheidswetenskappe, Universiteit van Pretoria (UP) werk oor die afgelope twaalf jaar mee aan die ontwikkeling van gesondheidsnavorsing in die Vhembe-distrik van die Limpopo-provinsie. Die teenwoordigheid van UP in die Thohoyandou-gebied het gelei tot ’n samewerkende vennootskap met PHAKAMISA, ’n węreldwye erkende toegangsprogram wat ten doel het om ’n direkte invloed te hę op die uitkomste van die behandeling en sorg van kankerpasiënte asook die behoeftes van diegene wat hierdie gevreesde bestuur. Dit sluit die ondersteuning van gesondheidsorgverskaffers en prostaatkankerpasiënte in.
[Lees Meer]
 
UP-graduandus in Beeldende Kunste algehele wenner in Absa L’Atelier-kunskompetisie 2014 - 24/07/2014
Die Absa L’Atelier-kunskompetisie is Suid-Afrika se toonaangewendste jaarlikse kunsgebeurtenis. ’n Toekenning in hierdie kompetisie sorg nie net dat Suid-Afrika se opkomende kunstenaars erkenning ontvang nie maar gee ook aan hulle die geleentheid om hul talent in die buiteland te ontwikkel. Die kompetisie word met die samewerking van die Suid-Afrikaanse Nasionale Vereniging vir die Visuele Kunste (SANAVA) aangebied. Liberty Battson, wat onlangs aan UP haar graad ontvang het, is vanjaar as die algehele wenner van 2014 aangewys.
[Lees Meer]