Die Universiteit van Pretoria streef daarna om internasionaal erken te word as ‘n top- Suid-Afrikaanse onderrig- en navorsingsgerigte instansie. Hierdie mylpaal vorm ‘n integrale deel van UP se nuwe strategiese plan.
Sedert die Universiteit se nederige ontstaan in 1908 het die instansie reeds ver gevorder in die nastrewing van hierdie doelstelling en word UP tans gereken as een van die toonaangewende hoëronderwysinstansies in die land.
Om verder sy posisie te versterk en om sukses in die toekoms te verseker, het UP ‘n navorsingsagenda ontwikkel wat op vier bene berus:
Navorsing sal ‘n positiewe bydrae lewer om in plaaslike, nasionale en internasionale behoeftes te voorsien en sal ook in lyn wees met die Nasionale Navorsings- en Ontwikkelingstrategie en internasionale tendense;
Navorsing sal op die bewese kapasiteit wat binne die Universiteit bestaan, gegrond wees en sal voortbou op die werk van uitstaande navorsers en -leiers;
Navorsingstemas sal nie gedefinieer word in terme van korttermynbehoeftes nie, maar sal toekomsgerig wees deur areas met potensiaal te identifiseer wat die Universiteit sal dwing om vaardigheid te bou om voortaan steeds die leier op die gebied van navorsing te bly; en
Die Universiteit se navorsingsagenda moet kennis neem van die besondere vaardighede wat reeds binne die Universiteit bestaan.
Navorsingondersteuning speel ‘n baie belangrike rol in die praktiese implementering van die Universiteit se navorsingsagenda. Die afdeling se belangrikste funksie is die lewering van ‘n reeks ondersteuningsdienste wat daarop gemik is om die ontwikkeling van navorsing te stimuleer deur aan diegene wat aktief betrokke is by navorsingsprojekte ondersteuning te bied.
Dienste word deur twee afdelings gelewer; naamlik Navorsingondersteuning en die Kontrakte- en Intellektuele Eiendomkantoor.
In late April 2013, the 22-strong Centre for Microbial Ecology and Genomics (CMEG) team led by Professor Don Cowan set out to Gobabeb, Namibia for what was to be an extraordinary week-long field research programme based at the Gobabeb Research and Training Centre in the Namib Desert.
Horizontal gene transfer (HGT) is the transfer of genes between organisms by a means other than direct inheritance from a parental cell. Within bacterial and archaeal domains, HGT is extensive and propagates fitness traits. However, so far only few studies have found evidence for HGT that contributed to eukaryotic evolution.
The International Society for Functional Metagenomics is pleased to announce that a dedicated website is now open for registration and submission of abstracts for the international conference:
FUNCTIONAL METAGENOMICS - 2013 Pretoria, South Africa