English |  Afrikaans |    
  
Department of Afrikaans

In Memoriam Heinrich Grebe


Hein Willemse
Eiewys. Belese. Krities. Behoudend. Passievol.
 

Heinrich Grebe sou nie omgee dat hierdie byvoeglike naamwoorde hom toegevoeg word nie, want hy het waardering vir die geledinge van die lewe gehad. Hy kon in detail vertel van ’n besondere gereg of ’n goeie wyn, net soos hy ’n fyn sin vir ’n mooi skildery, ’n treffende ontwerp of ’n gebou gehad het. By voorkeur het hy Europese kunsmusiek, Lieder en opera, waardeer. Jare na ’n besoek kon hy vertel van die slingerende bospad na die afgeleë Mount Sheba bokant Pelgrimsrus of die gesig van ’n olifantkoei en haar kalf teen die agtergrond van ’n sonsopkoms oor die Shasherivier. Met my, my vrou Carol-Ann, en kollega Andries Visagie se laaste hospitaalbesoek kon hy gerusstellend, soos vir talle van sy kollegas en vriende, sê: “Al ek sou ek langer wou geleef het, het ek ’n goeie lewe gehad.”

[Read more]


Annette Jordaan
Hein(rich) Grebe – sommige van ons het hom leer ken as Hein – was nie net ons kundige kollega wat betref die linguistiek en die Afrikaanse taalkunde en veral die historiografie van Afrikaans nie. Hy was ook ’n kosbare en betrokke vriend vir baie jare. Hy kon soms erg ongeduldig raak met die “klein jakkalsies” soos ’n rekenaar wat nie wil luister na wat van hom gevra word nie. Dan moes ons hom oortuig dat dit nie die moeite werd is om “die ding” by die GW se venster te probeer uitgooi nie! Almal weet ook dat hy die benadeling van Afrikaans op verskeie vlakke – ook binne die universiteitstrukuur – geensins kon aanvaar nie en ’n vurige kampvegter vir sy geliefde taal gebly het.

[Read more]


Lina Spies
A Poem for Heinrich Grebe by Lina Spies, a well-known Afrikaans poet and friend of Heinrich.

[Read the poem]


Shaun de Jager

A poem for Heinrich Grebe by former student Shaun de Jager.

[Read the poem]

Renée Marais
A commendatio for Heinrich Grebe delivered at the conference of the SAVN by Renée Marais.

[Read more]