“OVUWA” beteken (kulturele) herontwaking en is aanvanklik in 1998 onder die naam “Tuks Africa Sings” gestig, maar is later na UP Chorale herdoop. Die huidige naam pas beter in by die doel en karakter van die groep, wat met rasse skrede gegroei het sedert dit gestig is (lees meer).
Nuus
Die Nasionale Biodiversiteit- en Sakenetwerk amptelik geloods - 21/05/2013
Die Nasionale Biodiversiteit- en Sakenetwerk van Suid-Afrika is op 15 Mei 2013 amptelik by die Gordon Institute of Business Science (GIBS) in Sandton geloods.
Die Universiteit van Pretoria is deur dr Claudious Chikozho en me Anesu Makina, albei van die Albert Luthuli Sentrum vir Verantwoordelike Leierskap (ALSVL), asook prof Don Cowan van FABI verteenwoordig.
[Lees Meer]
Opedag ’n sukses! - 21/05/2013
Ek lig u graag in dat ek talle boodskappe vol positiewe terugvoering oor die UP Opedag 2013 ontvang het. Ek is veral ingenome met die opmerkings oor die besondere hulpvaardigheid en vriendelikheid van die personeel, studente en vrywilligers in die UP-span.
My hartlike dank aan almal wat bygedra het tot ’n positiewe ervaring vir ouers, voornemende studente, familielede, skoolhoofde en onderwysers. Ek wil u aanmoedig om die goeie werk voort te sit. Die Opedag is ’n belangrike geleentheid vir die Universiteit om goeie studente te lok en om die Universiteit se reputasie en status in die breë uit te bou.
[Lees Meer]
TuksGholf-oefensentrum amptelik geopen by die Universiteit van Pretoria - 17/05/2013
Die Universiteit van Pretoria is trots op sy welbekende prestasies op verskeie sportterreine. Hierdie prestasies kan toegeskryf word aan die Universiteit se sportfasiliteite wat van die beste onder Suid-Afrikaanse universiteite is. Nou het die Universiteit, deur TuksSport en die high performance centre (hpc), ’n verdere stap gedoen deur amptelik ’n gholf-oefensentrum te open.
[Lees Meer]
Suid-Afrikaanse regsprofessor lê verslag voor aan Verenigde Nasies oor Dodelike Robotte (Lethal Robots) - 16/05/2013
Christof Heyns, 'n Suid-Afrikaanse professor in menseregte, lê op 29 Mei 2013 'n verslag voor aan die Verenigde Nasies (VN) se Raad vir Menseregte oor Dodelike Outonome Robotte (Lethal Autonomous Robots [LARs]).
Prof Heyns is verbonde aan die Universiteit van Pretoria (UP) en is in 2010 as die VN Spesiale Rapporteur oor buitegeregtelike, summiere en arbitrêre teregstellings aangestel. Hy het die afgelope jaar wêreldwyd navorsing gedoen oor die vraag of state toegelaat moet word om Dodelike Outonome Robotte – wapens wat na ontplooiing dodelike geweld kan gebruik sonder verdere menslike tussenkoms – tydens oorlog of vrede te gebruik.
[Lees Meer]
’n Kontinentale Leierskapstransformasieprogram geloods - 15/05/2013
Die Afrika-unie se Nuwe Vennootskap vir Afrika-ontwikkeling (NEPAD), die Verenigde Nasies se ontwikkelingsprogram (UNDP) en die Albert Luthuli Sentrum vir Verantwoordelike Leierskap (ALSVL) het onlangs ’n ronde tafel geleentheid aangebied met die doel om ’n kontinentale leierskapstransformasieprogram te loods.
[Lees Meer]