English |  Afrikaans |    
  
Departement Visuele Kunste



Boodskap van die Departementshoof

Die Departement Visuele Kunste bied aan studente ©° lewendige omgewing waarin hulle verskeie aspekte van die visuele beeld en visuele kultuur kan bestudeer, vanaf die skepping daarvan tot die manier hoe die samelewing dit interpreteer en gebruik. Die Departement bied twee praktiese grade aan, naamlik in Beeldende Kunste en in Inligtingsontwerp, sowel as ©° teoriegraad in Visuele Studies wat op kunsgeskiedenis en visuele kultuur fokus.

Die Departement streef daarna om studente te help om hulself toe te rus met die vaardighede wat hulle nodig het om die mededingende werkmark te betree deur hulle ©° eersterangse opvoeding te gee. ©° Kernpersoneel van ontwerpers, beeldende kunstenaars en kunsgeskiedkundiges word deur ©° aantal deeltydse spesialisdosente, kunstenaars en ontwerpers ondersteun, wat studente aan die deskundigheid en stimulasie van toonaangewende praktisyns en akademici blootstel.

Die Departement se aktiwiteite vind plaas in ©° aantal geboue op die Hoofkampus. Benewens groot  ateljees is daar ook individuele ateljees vir senior studente, rekenaarlaboratoriums, fotografiese donkerkamers, druk- en beeldhoufasiliteite, sowel as seminaar- en lesingvertrekke.

- Prof. Jeanne van Eeden