Onder leiding van die direkteur, dr DD Marais, is die Departement Akademiese Administrasie nou betrokke by die eerste kontak met studente. Die aktiwiteite van die Departement wissel vanaf die hantering van kontak- en afstandsonderrig studente se aansoeke om toelating tot by die uiteindelike toekenning van grade en diplomas tydens promosieplegtighede.
Die funksies van die eenhede vir studente-administrasie, wat by die onderskeie fakulteite gesetel is, word in samewerking met dekane op ‘n gekoördineerde grondslag bestuur met ingeboude kwaliteitsmaatstawwe. Operasionele dienslewering aan studente in die Kliëntedienssentrum is afhanklik van effektiewe databestuur en elektroniese stelsels waarvan die Departement die eienaar is. Die bedryf van die interne posdiensstelsel is ook ingesluit by die werksaamhede van die Departement.
Die Department is verantwoordelik vir die argivering van die vergaderingsbestuur van die Senaat en die onderskeie subkomitees. Akademici word ondersteun met akademiese programontwikkeling volgens die heersende nasionale riglyne en kriteria soos neergelê deur die Departement van Onderwys en die Raad vir Hoër Onderwys. Die resultate hiervan vind neerslag in jaarboeke, institusionele reëls en reglemente wat gereeld opgedateer en bygewerk word.
Deur die verskaffing van jaarlikse roosters en kalenders vir die hele Universiteit, word verseker dat die akademiese programme en amptelike vergaderings op ‘n ordelike wyse bestuur word.
Dienste word gedryf deur die behoeftes van kliënte en daarom is daar dinamiese interaksie waartydens alle programme van die Departement deur hoogs ervare programbestuurders hanteer word.
Visie
Die Departement Akademiese Administrasie is leidinggewend georiënteerd om nasionale en internasionale beste praktyke toe te pas in sy dienslewerings-benadering.
Missie
Die Departement Akademiese Administrasie fokus op ’n innoverende en kwaliteitsgerigte wyse deur middel van.die benutting van tegnologie en ’n prosesbenadering op die ondersteuning van die kernbesigheid van die Universiteit en ontwikkel dit deur effektiewe kommunikasie met en bemagtigende opleiding van alle rolspelers wat akademiese en studente-administratiewe aangeleenthede hanteer.
Inbeldiens vir Eksamen-uitslae: 083 123 111
Nuus
Die Nasionale Biodiversiteit- en Sakenetwerk amptelik geloods - 21/05/2013
Die Nasionale Biodiversiteit- en Sakenetwerk van Suid-Afrika is op 15 Mei 2013 amptelik by die Gordon Institute of Business Science (GIBS) in Sandton geloods.
Die Universiteit van Pretoria is deur dr Claudious Chikozho en me Anesu Makina, albei van die Albert Luthuli Sentrum vir Verantwoordelike Leierskap (ALSVL), asook prof Don Cowan van FABI verteenwoordig.
[Lees Meer]
Opedag ’n sukses! - 21/05/2013
Ek lig u graag in dat ek talle boodskappe vol positiewe terugvoering oor die UP Opedag 2013 ontvang het. Ek is veral ingenome met die opmerkings oor die besondere hulpvaardigheid en vriendelikheid van die personeel, studente en vrywilligers in die UP-span.
[Lees Meer]
TuksGholf-oefensentrum amptelik geopen by die Universiteit van Pretoria - 17/05/2013
Die Universiteit van Pretoria is trots op sy welbekende prestasies op verskeie sportterreine. Hierdie prestasies kan toegeskryf word aan die Universiteit se sportfasiliteite wat van die beste onder Suid-Afrikaanse universiteite is. Nou het die Universiteit, deur TuksSport en die high performance centre (hpc), ’n verdere stap gedoen deur amptelik ’n gholf-oefensentrum te open.
[Lees Meer]
’n Kontinentale Leierskapstransformasieprogram geloods - 15/05/2013
Die Afrika-unie se Nuwe Vennootskap vir Afrika-ontwikkeling (NEPAD), die Verenigde Nasies se ontwikkelingsprogram (UNDP) en die Albert Luthuli Sentrum vir Verantwoordelike Leierskap (ALSVL) het onlangs ’n ronde tafel geleentheid aangebied met die doel om ’n kontinentale leierskapstransformasieprogram te loods.
[Lees Meer]