English |  Afrikaans |    
  
Navorsing

NNR-geskatte navorsers

*** Hierdie webwerf word tans opgedateer. ***

Die Universiteit van Pretoria beskik oor 'n groot aantal NNR-geskatte navorsers, wat van die Universiteit 'n voorste navorsingsfasiliteit in die land maak, en ook 'n fasiliteit wat internasionale standaarde handhaaf.

Die NNR se skattingstelsel is 'n normeringstelsel waarvolgens individue wat die hoogste standaarde van navorsing verteenwoordig, sowel as dié wat sterk potensiaal as navorsers toon, deur 'n uitgebreide netwerk van Suid-Afrikaanse en internasionale portuur-navorsers geïdentifiseer word. Skattings word op die kwaliteit en impak van onlangse navorsingsuitsette (oor 'n agtjaarperiode) gebaseer.

Benewens die navorsingsuitset word die kwaliteit en impak van navorsing aan tersiêre instellings in Suid-Afrika ook weerspieël deur die aantal geskatte wetenskaplikes wat deur die Nasionale Navorsingsraad (NNR) se skattingstelsel geïdentifiseer word. Om 'n opsomming van die NNR-skattingskategorieë te sien,  kliek asseblief hier.


Ons NNR-geskatte navorsers: