University of Pretoria Logo
English |  Afrikaans |    
  
Instituut vir Internasionale Reg en Regsvergelyking in Afrika

Instituut vir Internasionale Reg en Regsvergelyking in Afrika


Die Instituut vir Internasionale Reg en Regsvergelyking in Afrika, gehuisves in ‘n opgeknapte dubbelverdieping huis langs die Regsgebou op die Hatfield kampus, het sy deure in Januarie 2011 oopgemaak.

Die doel van hierdie navorsingsinstituut is om die internasionale netwerke wat die Fakulteit oor die jare in die buiteland - en veral in die ander lande van Afrika - opgebou het, te versterk en om ‘n bydrae tot die ontwikkeling van die reg in Afrika te maak. Navorsers oor die reg en regshervorming in Afrika, veral op regsvergelykende en internasionale vlak, sal in die Instituut werk en met die Instituut skakel.

Professors Erika de Wet en Christof Heyns is aangestel as mede-direkteure.

 

Nuus

Węrelddebat oor nuwe wapens neem ’n aanvang by UP - 25/06/2014
Vanaf Instituut vir Internasionale Reg en Regsvergelyking in Afrika

’n Węrelddebat oor die ontwikkeling van toenemend outonome wapenstelsels – soms moordrobotte genoem – het verlede jaar losgebars. Hierdie ontwikkeling beteken dat rekenaars in plaas van mense sal besluit wie geteiken moet word en wanneer enige mag tydens oorlog en ook tydens wetstoepassing uitgeoefen moet word. Prof Christof Heyns, professor in regsgeleerdheid aan die Universiteit van Pretoria, het in Mei 2013 die aangeleentheid op die sakelys van die Verenigde Nasies se Menseregteraad geplaas. Prof Heyns is die VN se spesiale rapporteur oor buiteregtelike, onmiddellike en arbitręre teregstelling.

[Lees Meer]

Faculty hosts prestige lecture on the development of the law of the sea through UN processes - 13/05/2014
Vanaf Instituut vir Internasionale Reg en Regsvergelyking in Afrika

On Monday, 14 April 2014, Prof Dire Tladi was formally welcomed by the Faculty of Law of the University of Pretoria through his prestige lecture on ‘The development of the law of the sea through UN processes: The case of biodiversity in areas beyond national jurisdiction’.

[Lees Meer]