Algemene toelatingsvereistes
Die statutêre minimumvereiste vir graadstudie is 'n Nasionale Senior Sertifikaat (NSS) wat deur Umalusi gesertifiseer is, met ‘n minimum prestasievlak van 4 (50-59%) in vier erkende NSS 20-kredietvakke uit die aangewese vaklys hieronder:
- Rekeningkunde
- Landbouwetenskap
- Besigheidstudies (voorheen Bedryfsekonomie)
- Verbruikerstudies (voorheen Huishoudkunde)
- Dramatiese Kunste
- Ekonomie
- Ingenieursgrafika en -ontwerp (voorheen Tegniese Tekeninge)
- Geografie
- Geskiedenis
- Inligtingtegnologie
- Tale *
- Lewenswetenskappe (voorheen Biologie)
- Wiskundige Geletterdheid
- Wiskunde
- Musiek
- Fisiese Wetenskap (voorheen Natuur- en Skeikunde)
- Religieuse Studies (voorheen Bybelkunde)
- Visuele Kunste
* Weens die tale wat as onderrigtaal by die Universiteit van Pretoria gebruik word, is dit raadsaam dat studente Engels en/of Afrikaans as ‘n huistaal of as ‘n eerste addisionele taal, tesame met enige ander taal van keuse, moet aanbied.
Voornemende studente in Graad 12 moet hul finale Graad 11-jaarpunt (promosiepunt) gebruik om aansoek te doen. Geen Graad 12-punte sal vir voorwaardelike toelating oorweeg word nie. Let daarop dat voornemende studente wat reeds die skool verlaat het, hul NSS-sertifikaat moet gebruik om aansoek te doen. Addisionele keuringskriteria is van toepassing op aansoeke vir keuringsprogramme.
‘n Graad 12-sertifikaat met universiteitsvrystelling word vereis indien Graad 12 voor 2008 geslaag is. Vir leerders in Graad 12 word voorlopige toelating op grond van die uitslae van die finale Graad 11-jaarpunt (promosiepunt) toegestaan. Let egter daarop dat die finale Graad 12-uitslae deurslaggewend vir toelating is. Let asseblief ook daarop dat voldoening aan die minimumvereistes nie noodwendig toelating tot enige program of studieveld waarborg nie.
Volle of buitelandse voorwaardelike vrystellingsertifikaat
Hierdie voorvereiste geld vir nie-Suid-Afrikaanse burgers en studente wat nie oor ‘n Suid-Afrikaanse Nasionale Senior Sertifikaat beskik nie en by UP vir voorgraadse studies wil inskryf. Hierdie sertifikate kan slegs van Hoër Onderwys Suid-Afrika (Higher Education South Africa - HESA) bekom word.
Berekening van 'n Toelatingspunttelling (TPT)
Die berekening van 'n TPT is gebaseer op 'n kandidaat se prestasie in enige SES erkende NSS 20-kredietvakke (nie slegs aangewese vakke nie) deur gebruik te maak van die NSS se sewepuntgraderingskaal (sien tabel 1). Studente wat nie oor ‘n NSS beskik nie, moet asseblief die Toelatingspunttelling Omskakelingstabel raadpleeg.
Tabel 1: Nasionale Senior Sertifikaat Prestasievlakke
|
Prestasie
|
Prestasievlak
|
Punt
|
|
7
|
Uitstaande prestasie
|
80-100%
|
|
6
|
Verdienstelike prestasie
|
70-79%
|
|
5
|
Wesenlike prestasie
|
60-69%
|
|
4
|
Voldoende prestasie
|
50-59%
|
|
3
|
Middelmatige prestasie
|
40-49%
|
|
2
|
Elementêre prestasie
|
30-39%
|
|
1
|
Nie behaal nie
|
0-29%
|
Tabel 2: Voorbeeld van TPT-berekening
|
Skoolvak (voorbeeld)
|
Rapportpunt
|
|
Afrikaans
|
4
|
|
Engels
|
4
|
|
Wiskunde
|
6
|
|
Fisiese Wetenskap
|
6
|
|
Lewenswetenskappe
|
7
|
|
Rekeningkunde
|
3
|
|
TPT Totaal
|
30
|
Internasionale studente word verwys na Omskakelingstabel om Toelatingspunttelling (TPT) te bereken
|
TPT
|
NSS
|
SC HG
M-Telling
|
SC SG
M-Telling
|
'HIGCSE /
NSSC HL'
|
'IGCSE/ GCSE
NSSC OL/
O-Level'
|
'AS-Level'
|
'A-level
|
'IB HL'
|
'IB SL'
|
TPT
|
|
|
|
|
|
|
Gr-11
|
Gr- 12
|
|
|
|
|
|
|
10
|
|
|
|
|
|
|
|
A
|
7
|
|
10
|
|
9
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
9
|
|
8
|
|
|
|
|
|
|
|
B
|
6
|
|
8
|
|
7
|
7 (80-100%)
|
A
|
|
1
|
A
|
|
A
|
C
|
5
|
7
|
7
|
|
6
|
6 (70-79%)
|
B
|
A
|
2
|
B
|
|
B
|
D
|
4
|
6
|
6
|
|
5
|
5 (60-69%)
|
C
|
B
|
3
|
C
|
A
|
C
|
E
|
3
|
5
|
5
|
|
4
|
4 (50-59%)
|
D
|
C
|
|
D
|
B
|
D
|
|
2
|
4
|
4
|
|
3
|
3 (40-49%)
|
E
|
D
|
4
|
E
|
C
|
E
|
|
1
|
3
|
3
|
|
2
|
2 (30-39%)
|
F
|
E
|
|
F
|
D/E
|
|
|
|
2
|
2
|
|
1
|
1 (0-29%)
|
G
|
F
|
|
G
|
F/G
|
|
|
|
1
|
1
|
NSS - Nasionale Senior Sertifikaat
(Graad 12 voltooi gedurende of na 2008)
SS HG - Senior Sertifikaat Hoërgraad
(Graad 12 voltooi voor 2008)
SS SG - Senior Sertifikaat Standaardgraad
(Graad 12 voltooi voor 2008)
HIGCSE - 'Higher International General Certificate of Secondary Education'
IGCSE - 'International General Certificate of Secondary Education' |
NSSC - 'Namibia Senior Secondary Certificate'
A-level - 'Advanced level'
O-level - 'Ordinary level'
AS - 'Advanced Subsidiary level'
IB - 'International Baccalaureate Schools'
(Higher Levels & Standard Levels) |
Vrywaring:
Hierdie publikasie bevat inligting oor reëls, beleide, onderriggelde, kurrikula en programme van die Universiteit soos van toepassing ten tyde van die druk daarvan. Wysigings aan, of opdatering van die inligting in hierdie publikasie mag van tyd tot tyd sonder voorafkennisgewing geskied. Die akkuraatheid, betroubaarheid of geldigheid van die inligting vervat in hierdie publikasie word derhalwe nie deur die Universiteit op enige gegewe tydstip gewaarborg nie en is onderhewig aan verifiëring. Die gebruiker word versoek om deurgaans die korrektheid van die gepubliseerde inligting met die Universiteit te bevestig. Versuim om hieraan te voldoen, sal nie aanleiding gee tot enige eis of aksie van enige aard teen die Universiteit deur enige party hoegenaamd nie.
|
|