English |  Afrikaans |    
  
Dramadepartement

Gemeenskapsbetrokkenheid

Vir die mees onlangse inligting oor ons gemeenskapskakeling, kliek hier vir 'n oorsig oor ons opvoedkundige teater-projek.  
 
'n Dramastudent op besoek aan 'n skool.
 
Die Dramadepartement is hoofsaaklik op twee maniere by gemeenskapswerk betrokke: Teater-in-Opvoeding en Teater -vir-Ontwikkeling. Albei het dit ten doel om gehore op te voed en in te lig oor verskeie maatskaplike gevare wat hulle in die gesig staar (soos dwelmmisbruik en mishandeling). 

Hierdie opvoerings word gewoonlik bemark en aangebied met die direkte betrokkenheid van 'n buiteparty, soos die Suid-Afrikaanse Polisiediens.

Dramastudente besoek 'n skool as deel van gemeenskapsbetrokkenheid.

Deur ons programme spreek studente en deelnemers op interaktiewe en kollektiewe wyse probleme en magsverhoudinge aan wat hul lewens en hul verhoudings met hul familiese en/of gemeenskappe beïnvloed. Moontlikhede om beheer oor hierdie probleme uit te oefen of die probleme op 'n verantwoordelike manier te hanteer word ondersoek.

In April 2008 was die Dramadepartement by 'n interdepartementele projek oor die Mapungubwe argeologiese terrein betrokke. Mapungubwe is een van die belangrikste argeologiese terreine in Suidelike Afrika. Ter erkenning hiervan het die Universiteit van Pretoria (UP) die Mapungubwe Navorsingsfasiliteit (MNF) in die Department Antropologie en Argeologie gestig. Die MNF se huidige navorsingsprogram is daarop gemik om die oorsprong van komplekse samelewings in die Shashe-Limpopo samevloeiende streek van die laat eerste millennium AE te verstaan. Benewens voortgaande veldnavorsing herondersoek MNF-navorsers bestaande argeologiese versamelings wat uit keramiek, steenartefakte, fauna en dokumente bestaan.

Kliek hier vir verdere inligting rakende Drama se betrokkenheid by hierdie geskiedkundige projek in 2008.