English |  Afrikaans |    
  
Departement Pediatrie en Kindergesondheid

Ons Missie

Ons verbind onsself tot:

  • ‘n Verbetering in lewenskwaliteit en beter gesondheidstoestand van kinders in ons verwysingsgebied;
  • Uitstekende diens, onderrig en navorsing tesame met ‘n rasionele balans tussen die behoefte tot primêre, sekondêre en tersiêre sorg;
  • Deurlopende ontwikkeling met betrekking tot opleiding, superspesialisasie en gemeenskapspediatrie, beide as ’n span en individueel;
  • Pro-aktiewe deelname in die ontwikkeling van gesondheidsdienste deur opleiding, dienslewering en navorsing.

Witbank Hospitaal - Departement Pediatrie

Witbank Hospitaal Departement Pediatrie was in 1997 begin as deel van ‘n formele gesamentlike vennootskap tussen die Universiteit van Pretoria en die Mpumalanga Provinsiale Departement van Gesondheid met die doel om ‘n spesiale verwysingsdiens aan die provinsie en plaaslik-gebasseerde opleidingsetels te verskaf vir voor- en nagraadse mediese studente van die Universiteit van Pretoria.

Gesondheidsorg vennote

  • Mpumalanga Provinsiale Dept. van Gesondheid (veral “MCWY Health programme. Quality Assurance Programme and Specialized Hospital Services”)
  • Wêreldgesondheidsorganisasie: Kinder en Adolessente Eenheid, Geneve.
  • “Centre for International Child Health, University of Melbourne, Australia”.
  • “Foundation for Professional Development”