English |  Afrikaans |    
  
Departement Pediatrie en Kindergesondheid

Jaarlikse Pediatrie

Deur Philip Snyman

Gelaai op 04 Februarie 2011



Die Departement Pediatrie by die Universiteit van Pretoria beplan hulle jaarlikse "UPdate" tydens die naweek van 12 en 13 Maart 2011. Bekende nasionale en internasionale sprekers sal teenwoordig wees.

"Update 2011"

12 en 13 Maart 2011

WNNR Internasionale Konvensiesentrum, Brummeria, Pretoria

Die Departement Pediatrie en Kindergesondheid aan die Universiteit van Pretoria is weereens verheug om "Update" aan te bied in Pediatrie. Hierdie jaar se program sal fokus op Neonatologie, Nefrologie, Pulmonologie, Gastro-enterologie, Neurologie en Aansteeklike Siektes. Ons is bevoorreg om vooraanstaande sprekers te hê vanuit die buiteland en vanaf die meeste groot akademiese sentrums in die land. Die onderwerpe wat bespreek gaan word is van toepassing op beide privaatpraktisyns sowel as diegene in diens van die openbare sektor.

Ons vertrou dat die uitstekende ondersteuning wat ons tot hede vir "UPdate" gehad het sal voortgaan om te groei en maak dat hierdie byeenkoms 'n geleentheid sal word wat nie misgeloop kan word nie.

Ons sien uit daarna om u in Pretoria te verwelkom.


Prof Theuns Avenant &

Professor Robin Green

"UPdate" Kursus Voorsitters

"Update 2011"  Voorlopige program
"Update 2011"  Registrasievorm



Bookmark this page: