English |  Afrikaans |    
  
Verteenwoordigende Studenteraad

Verlengde Biblioteekure en Additionele Studiesentrums

Deur Jordan Griffiths

Gelaai op 12 Junie 2012



BELANGRIKE AANKONDIGINGS vir studente op die Hatfield en Groenkloofkampusses aangaande die verlenging van biblioteekure en addisionele studiesentrums.

Die Merenskybiblioteek sal van Woensdag 6 Junie vir langer ure oop wees:
· Maandag tot Vrydag  00:00
· Saterdag tot 18:00

Met ingang van Woensdag 6 Junie sal lokale in die Geesteswetenskappegebou (nie die Thuto-gebou nie) as studiesentrums beskikbaar gestel word. Hierdie lokale sal van 18:00 tot 6:00 daagliks van Maandag tot Vrydag oop wees. Die lokale is soos volg:
· HSB Kamer 3-14
· HSB Kamer 3-15
· HSB Kamer 3-23
· HSB Kamer 3-24

Let daarop dat die busdiens  na Groenkloof uitgebrei word deur 23:00 en 24:00 as nuwe vertrektye by te voeg. Hierdie reëling sal vir 5 dae as proefneming volgehou word en gestaak word indien gebruik daarvan onvoldoende is.


Groenkloofkampus

Kamers in die Sportsentrum op die Groenkloofkampus is bespreek om vir die tydperk vanaf 4 Junie 2012 to 25 Junie 2012 as studiegerief vir studente te dien:
· Lokaal L28 (100 tafels en stoele) 
· Lokaal L27 (65 tafels en stoele)

Versprei asseblief hierdie belangrike inligting so wyd as moontlik.

Hierdie reëling sal ‘n aanduiding verskaf van die behoefte, al dan nie, aan permanente studiegeriewe op buitekampusse, asook van die behoefte om biblioteek- en rekenaarlaboratoriumure op die Hatfieldkampus en die ander kampusse te verleng. Dit sal ook aandui of daar ‘n behoefte is om die Merenskybiblioteek gedurende die aanloop tot die Novembereksamens ononderbroke (24 uur) oop te hou. Moedig studente asseblief aan om lokale skoon en stil te hou.

Sterkte met die eksamen!

Jordan Griffiths
VSR-lid vir Vervoer, Justisie en Konstitusies

 



Bookmark this page: