University of Pretoria Logo
English |  Afrikaans |    
  
Verteenwoordigende Studenteraad

Kry Afslag deur die Student Laptop Initiative

Deur SRC

Gelaai op 02 Mei 2012

Acer en Lenovo Skootrekenaars
Acer en Lenovo Skootrekenaars

Dink jy dit is tyd om ín skootrekenaar te koop, of om jou bestaande masjien op te gradeer? Wel, dear ín student of personeellid by die Unversiteit van Pretoria te wees kan jou help om geld te spaar deur die Student Laptop Initiative.

Die Universiteit van Pretoria neem deel aan die Student Laptop Initiative wat beoog om hoë kwaliteit skootrekenaars teen afslag pryse aan studente en personneellede te lewer. Deur gesamentlike bedinging het die Association of South African University Directors of Information Technology (ASAUDIT) en die Purchasing Consortium (PURCO) spesiale pryse namens deelnemende universiteite onderhandel.

Produkte het afslae tot 35% van die gelyste prys, en sluit almal Microsoft Windows 7 en Microsoft Office 10 Professional gratis in (ter waarde van ongeveer R3 500). Acer en Lenovo voorsien beide vier modelle, met soortgelyke spesifikasies, wat wissel van intree-vlak tot gevorderde masjiene.

Vir meer inligting, besoek aceredu.co.za vir Acer en studentlaptop.co.za vir Lenovo rekenaars.


Taalversorger: Jozua Loots
Bookmark this page: