English |  Afrikaans |    
  
Alumni

/UserFiles/TAePOS.Nuwe Mashoof.Okt 07.jpg

November / Desember 2010                                                              Read English version


Hoofartikel


Alumni vereer by Laureaatbal

Die TuksAlumni-vereniging en UP vereer hulle denkleiers jaarliks met die Laureaatttoekennings. Ontvangers van hierdie toekenning is alumni en vriende van die Universiteit wat die instelling ondersteun het en sy beeld as akademiese leier uitgedra het met hul merkwaardige prestasies op uiteenlopende gebiede, nasionaal en internasionaal. Op Saterdag, 13 November 2010, is ses mense tydens die prestigeryke Laureaatbal op hierdie wyse vereer.     >Lees verder...  
 


Laureaatontvangers 2010: Agter: Mnr Faried Sallie, mnr Jack van der Merwe en dr Saurabh Sinha. Voort: Dr Micki Pistorius, prof Karen Skawran en me Gillian Corken.  
Nuushooftrekke 

UP se vroue in wetenskap onderskei hulleself 

Die Departement van Wetenskap en Tegnologie het drie UP-akademici tydens ‘n gala-geleentheid in Augustus vereer met 2010 Vroue in Wetenskap-toekennings. Prof Stella Nkomo het die toekenning vir Uitnemende Vroue-akademikus in die Sosiale of Geesteswetenskappe ontvang, met prof Erika de Wet in die tweede plek in dié kategorie. Prof Susan Nicolson was tweede in die kategorie Lewenswetenskappe.      >Lees verder... 

UP wen Anafe-bod

Die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe is gekies as die Suider-Afrikastreek se Fokale Instituut vir die Afrikanetwerk vir Landbou, Agribosbou en Natuurlike Hulpbronne-opvoeding (Anafe: African Network for Agriculture, Agroforestry and Natural Resources Education). Anafe se missie is om landbou en natuurlike hulpbronne-opvoeding te verbeter om ‘n impak op ontwikkeling te maak.      >Lees verder... 

Boewe beroof bekende alumnus Zach Joubert      >Lees verder... 

Zach Joubert is ‘n bekende gesig op en in die UP-kampus. Hoewel baie nie sy naam ken nie, ken hulle die alumnus en kwadrupleeg in die rolstoel wat biltong en vrugtesap verkoop. Op 30 Julie vanjaar – ‘n dag voor sy 40ste verjaardag – is Zach voor sy huis in Lynnwoordrif aangeval en van sy kosbare spraaktoestel ter waarde van R100 000 beroof. 


Ander nuus

Personeelprestasies

 
 Die Universiteit se posisie as 'n voorste navorsingsinstelling word in ‘n groot mate bepaal deur die uitnemende akademiese steun wat sy personeel verleen. Prof Nthabiseng Ogude is vir ‘n tweede termyn as Viserektor: Onderrig en Leer aangestel. Prof Braam van Wyk het die Havenga-prys van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns ontvang. Prof Bernard Slippers het die Suider-Afrika Vereniging vir die Bevordering van Wetenskap (S2A3) se Britse Vereniging-medalje (silwer) vir 2010 verwerf. Prof Thoko Majozi het die Bill Neal-May goue medalje van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Chemiese Ingenieurswese ontvang. Prof Madeleine Stiglingh het die Deneys Reitz-belastingproefskrifkompetisie vir 2010 in die doktorale kategorie gewen.    >Lees verder... 

UP aan die spits van wildnavorsing en -beskerming  

Die Fakulteit Veeartsenykunde is betrokke by ‘n aantal baanbreker-navorsingsprojekte. Die Hans Hoheisen-wildnavorsingstasie in die Nasionale Krugerwildtuin is besig om te herleef en gaan ontwikkel word as ’n navorsingsplatform wat fokus op die geïntegreerde veeartsenyaspekte van die verhoogde siekterisiko’s wat geskep word deur oorgrengsbewaringsgebiede. In ’n poging om die bedreigde renoster te red van vernietiging deur gewetenlose stropers,  het die Veeartseny-genetikalaboratorium ’n metode ontwikkel om kern-DNA uit renosterhorings te onttrek en dit te genotipeer met behulp van ’n stel DNA-merkers. Dit beteken dat elke renoster aan sy horing geïdentifiseer kan word.     >Lees verder...

Studentenuusbrokkies

Van top akademiese prestasies en uitsonderlike kreatiewe werk in die skone kunste, tot om bekroon te word as die Suid-Afrikaanse Latyns-Amerikaanse Amateurdanskampioene, om die Bierbrou-intervarsity te wen en om die eerste Suid-Afrikaanse Kinderregskynhofkompetisie te wen, is Tuksstudente besig om naam te maak as ‘n krag om rekening mee te hou.  Lees ook  meer oor prestasies op die sportfront, nuus oor  TuksJool wat die ontvanger van die Nelson Mandela Freedom of the City-toekenning is en twee Argeologiestudente wat oorlogspuin in Roperstraat ontdek het.     >Lees verder... 

 
Baanbrekernavorsing by UP  

Die Departement Geografie, Geoinformatika en Meteorologie is betrokke by twee opwindende nuwe navorsingprojekte wat die gemeenskap nie net sal bemagtig nie, maar wat hulle ook sal beskerm teen een van die gevaarlikste siektes van die eeu. In die eerste projek word inheemse kennisstrukture gebruik om opvoedkundige materiaal te ontwikkel vir gebruik op skool- en selfs op universiteitsvlak. Die doel met hierdie projek is om sterk en volhoubare verhoudings tussen die lede van die gemeenskap en die Universiteit te bou. Die tweede projek kan beteken dat verligting in sig is vir die miljoene mense in Afrika wat deur malaria geraak word, danksy navorsing met die oog daarop om bestuurs- en aanpassingstrukture te ontwikkel om malaria te beperk.    > Lees verder...


Gemonteerde mirage F1-CZ-vliegtuig onthul gedurende Nasionale Wetenskapsweek

Die Universiteit van Pretoria was die gasheer vir die eerste Gauteng-gebaseerde aktiwiteite van Nasionale Wetenskapweek in Augustus met die onthulling van ‘n gemonteerde mirage F1-CZ- vliegtuig voor Sci-Enza, die Universiteit se interaktiewe wetenskapsentrum.  >Lees verder...  

Nuus van die TuksAlumni-kantoor   

Alumni van UP kan by allerlei funksies wat die TuksAlumni-kantoor op ’n gereelde grondslag reël, met hulle Alma Mater in voeling bly, ou vriendskappe met voormalige klasmaats hervat, en met lede van hul portuurgroep en sakekennisse bande smee.  Hierdie funksies sluit ’n sakeontbyt in met Jack van der Merwe, ontvanger van die Laureaattoekenning, as gasspreker, sowel as streeksfunksies in Nelspruit, Kaapstad, Londen en Hermanus en alumni-gebeure van die TuksAlumni-klubs en die Johannesburgstreek se jaarlikse gholfdag.      >Lees verder...  

Rektor se Konsert

Die Rektor se Konsert, wat ’n jaarlikse instelling by UP is, het op 10 September plaasgevind. Dit is een van die hoogtepunte op die Universiteit se kultuurkalender. Die Universiteit van Pretoria Simfonie-orkes (UPSO), met Eric Rycroft as dirigent, het Concertino vir Klavier en Orkes Nr 1 deur die UP-komponis Pieter Bezuidenhout, Dans na Vryheid Op 46 deur John Simon en die Hongaarse Rapsodie Nr 2 deur Franz Liszt uitgevoer.  >Lees verder...   

AlumNuus en  profiele
AlumNuus is 'n gereelde item in die TuksAlumni-nuusbrief waar u alles oor die jongste prestasies van mede-alumni kan lees. Lees ook in hierdie uitgawe van oom Willie Fourie, Tuks se oudste alumnus, wat vroeg in Oktober oorlede is op die rype ouderdom van 101, kolonel Alan Bridgens, doyen van die Suid-Afrikaanse Lugmag se Reserwemag, en die beeldhouer Angus Taylor, die feeskunstenaar by die 2010 Aardklop Nasionale Kunstefees.     >Lees verder... 

Kennisgewings / Inligting

Feeswense

Die TuksAlumni-kantoor wil alle alumni graag 'n verkwikkende rustydperk en 'n vredevolle feesseisoen toewens. Geniet die tyd saam met familie en vriende en bestuur asseblief versigtig.


 
Algemene inligting

> Lees nog UP-nuus hier                                     > Stuur ons u kommentaar

> This newsletter is also available in English. If you prefer to receive the English version, kindly send an e-mail message to alumni@up.ac.za and include your initials, surname, and ID number or date of birth.
> U kan ook tussen Afrikaans en Engels wissel deur op
die skakel van u taalkeuse bo-aan die blad te klik.

> Teken af of verander u e-posadres deur u volledige voorletters, van, geboortedatum en e-posadres na alumni@up.ac.za te stuur. U kan ook die Bly-in-Kontakvorm aanlyn voltooi. Kontak ons gerus by dieselfde e-posadres indien u enige navrae oor die versending van hierdie nuusbrief het.


> Vir inligting oor UP se kommersiële kontraknavorsing- en konsultasie-aatskappy, Business Enterprises at University of Pretoria (Edms) Bpk, en die sake-oplossings wat hulle u kan bied, besoek gerus http://www.be.up.co.za/news.
> Vir inligting oor UP se voortgesette opleidingsprogramme, kortkursusse en jaarkursusse, besoek gerus Voortgesette Onderrig by Universiteit van Pretoria (CE at UP) by http//:www.ceatup.com.

> Hierdie e-pos is gestuur aan