English |  Afrikaans |    
  
Skool vir Gesondheidstelsels en Openbare Gesondheid

Gereelde vrae

Hoe laat begin die klasse?

Klasse begin op Maandae om 08:30 (behalwe vir die Arbeidsgesondheidmodules) en die res van die week om 08:00.

Hoe laat is die klasse verby?

Klasse is gewoonlik teen 16:30 verby.

Hoe kry ek toegang tot elektroniese eksamenvraestelle?

Alle SGSOG-studente kan die Akademiese Programkoördineerder vir die wagwoord vra.

Hoe registreer ek vir 'n tweede (en volgende jaar van studie)?

Jou registrasievorm en instruksies word deur die Universiteit aan jou gestuur. Indien jy 'n elektroniese betaling maak, is jy welkom om die korreksies op die registrasievorm te maak, die vorm te teken en ten minste een module by te voeg voordat jy dit na Studenteadministrasie faks: mnr Reuben Sehone, by 012 354 1750. Hy kan jou registreer sodra die betaling op jou rekening te sien is. Internasionale studente moet die addisionele stappe volg soos uiteengesit in die dokument/e wat die Universiteit vir jou stuur.

Studente wat persoonlik wil registreer, kan hul registrasiefooie by die kassier by die Fakulteit betaal (Vlak 3) en hul getekende vorm by Reuben los. Onthou asseblief dat alle betalings 24 uur neem voordat dit op jou rekord gesien kan word.  

Waaroor gaan die Openbare Gesondheidseminare wat op Vrydae aangebied word?

Hierdie seminare vind elke Vrydag om 08:00-09:00 in Bophelokamer (5. 19 plaas). Die doel van die seminare is om beide akademiese personeel sowel as studente bloot te stel aan 'n voorlegging deur óf personeel en studente, óf deskundiges van buite oor 'n kwessie van belang tot openbare gesondheid. Studente kan protokol of resultate van hul navorsing aanbied, personeel kan 'n aanbieding oor hul navorsing of 'n joernaalartikel maak waaroor 'n bespreking gehou kan word, terwyl deskundiges van buite gewoonlik aanbiedings doen oor hul navorsing en die instelling waarvandaan hulle kom.  

Bywoning van die seminare is verpligtend vir alle studente aangesien dit deel vorm van die akademiese program vir die week, ongeag van die module wat bygewoon word.

Wat gebeur indien ek 'n taak laat inhandig?

Studente kan aansoek doen vir uitstel vir die inhandiging. Hulle moet per e-pos hiervoor aansoek doen en dit word op die modulekoördineerder se diskresie goedgekeur. Onthou dat al word dit goedgekeur, 10% steeds van die finale punt afgetrek kan word. ALLE take moet vir merkwerk ingehandig word teen die einde van die akademiese jaar waarvoor daar vir die module geregistreer is aangesien daar aan alle vereistes in DIESELFDE akademiese jaar voldoen moet word.

Hoe doen ek aansoek vir die verlenging van 'n studieperiode?

Die Universiteit van Pretoria stuur die aansoek vir verlenging van studie-vorm outomaties aan studente aan die einde van hul studieperiode.

Studente moet die sekretariaat van die Akademiese Advieskomitee (AAK) kontak (mev Sam Hodgson by 012 354 1472) om hul name by die agenda by te voeg sodat hulle hul vordering en planne vir voltooiing persoonlik kan inhandig.  

Die student moet vergesel word deur sy/haar toesighouer en is verantwoordelik om hul deelname te reël.

Die student moet die volgende na die vergadering bring:

  • voltooide registrasievorm;
  • voltooide aansoek vir verlenging van studie-vorm, 'n geskrewe plan van aksie, insluitend van sperdatums vir navorsing en planne om aan uitstaande vereistes te voldoen (modules, eksamens, ens). Indien modules uitstaande is, moet die student 'n brief van sy/haar werkgewer indien wat duidelik aandui dat die student toegelaat sal word om aan alle uitstaande modules deel te neem;
  • indien die vordering en plan vir voltooiing aanvaarbaar gevind word, sal die AAK die vereistes vir registrasie uiteensit. Slegs voorwaardelike registrasie sal toegestaan word wat op hierdie voorwaardes gebaseer word en studente wat nie aan die voorwaardes voldoen nie, sal ingelig word dat hul studies getermineer is;
  • indien nie goedgekeur deur die AAK nie, kan studente die opsie gebied word om oor te gaan na die Diploma in Openbare Gesondheid. Die inligting van die hersiende Diploma in Openbare Gesondheid is in brosjureformaat beskikbaar om afgelaai te word.

Verdere navrae kan aan die Akademiese Adviessekretariaat gemaak word.

Maak dit 'n verskil in watter volgorde ek die “Core”- (PHM 871) en “Track”- (PHM 872) eksamens skryf?

Nee, solank jy aan die vereistes vir die betrokke eksamen voldoen. Daar is baie studente wat PHM 872 skryf voordat hulle PHM 871 kan skryf.