English |  Afrikaans |    
  
Alumni

Alumni-lidmaatskap en databasis

Almal wat 'n graad (en bepaalde ander formele kwalifikasies, soos goedgekeur deur die Senaat) by UP verwerf het, word as alumni van UP beskou. Hulle kan deelneem aan die aanwysing van konvokasieverteenwoordigers op die Universiteitsraad. "Lidmaatskap" is gratis, lewenslank en word outomaties toegestaan met graadvang. 

Die alumnidatabasis op die Universiteit se sentrale adresstelsel is die ruggraat van die TuksAlumni-kantoor. Sonder jou huidige adres- en biografiese inligting kan ons weinig verrig. Dit is daarom baie belangrik dat jy ons so gou moontlik laat weet van jou adresverandering en van ander alumni wat nie korrespondensie van UP ontvang nie. Verander jou adresbesonderhede aanlyn of gebruik die Bly-In-Kontak-vorm, voltooi dit en faks dit na +2712 362-5088. 


Privaatheidsbeleid: Alumnikontak-inligting

Die TuksAlumni-kantoor onderhou die Sentrale Alumnidatabasis van die Universiteit van Pretoria.  Alumni se kontak- en persoonlike besonderhede word NOOIT aan enige private maatskappy of organisasie buite die Universiteit, verskaf of verkoop nie.  Die databasis en sy inhoud is vir die uitsluitlike aanwendig van die Universiteit se Alumni-kantoor en ander relevante departemente, afdelings, fakulteite en organisasies van die Universiteit,  vir inligtings-en kommunikasiedoeleindes.  

Kontak asseblief die TuksAlumni-kantoor, tel. +27 12 420 3086,  indien u enige kommersiële pos of inligting ontvang wat nie aan die Universiteit of TuksAlumni verwant is nie, maar lyk asof dit deur hierdie Kantoor versprei is.    

 


TuksAlumni-personeel beman 'n stalletjie tydens Verwelkomingsdag 








 

         

 


  /sitefiles/Image/TuksAlumni/resized.cropped.NAP.VW beetle.jpg