University of Pretoria Logo
English |  Afrikaans |    
  
Alumni

Alumninuushooftrekke / nuusbriewe (Argief)

VERKIESING VAN íN KONVOKASIELID OP DIE RAAD VAN DIE UNIVERSITEIT: Bekendmaking van verkiesingsuitslag
Registrar
Gelaai op 17 Sep 2013

Soos u bewus is, het die verkiesing van ín Konvokasielid op die Raad op 4 September 2013 ten einde geloop het. Die verkiesingsproses asook die tel van stemme is deur KPMG nagegaan en bevestig.

[Lees Meer]

Mnr Ben Alberts: 1939 - 2013
TuksAlumni
Gelaai op 10 Apr 2013

Die Universiteit het met medelye kennis geneem van die afsterwe van mnr Ben Alberts, alumnus, lid van die Konvokasie en voormalige Voorsitter van die Universiteitsraad.

[Lees Meer]

Boomplanttradisie op Verwelkomingsdag voortgesit
TuksAlumni
Gelaai op 28 Jan 2013

UP het sy deure vir 2013 op 26 Januarie vir studente geopen met die jaarlikse Verwelkomingsdag vir eerstejaars. Nuwe studente en hul gaste is deur die Visekanselier en Rektor, prof Cheryl de la Rey, verwelkom. Mr Tshiamo Maimane, ín eerstejaarstudent, het 'n boom geplant wat die jaargroep verteenwoordig en die nuwe groep studente simboliseer wat self eendag alumni sal word. Drie Kruisbessie (Grewia occidentalis) is deur prof Cheryl de la Rey, mnr Leon de Kock, van die TuksAlumni-raad, en mnr Tshiamo Maimane, geplant. Mnr Maimane het vir ín graad in Siviele Ingenieurswese aan UP ingeskryf.

[Lees Meer]

UP neem die leiding in die behandeling van lewerkanker
TuksAlumni
Gelaai op 22 Aug 2012

Die Departement Kerngeneeskunde aan die Universiteit van Pretoria, wat by die Steve Biko Akademiese Hospitaal gebaseer is, het onlangs baanbrekerswerk gedoen deur ín prosedure op pasiŽnte met lewerkankergewasse uit te voer sonder om ín chirurgiese operasie te doen. Dit was die eerste keer wat hierdie prosedure, bekend as selektiewe interne radiasieterapie of SIRT, in Suid-Afrika uitgevoer is.

[Lees Meer]

Trotse UP-alumna is ín kampioen
TuksAlumni
Gelaai op 22 Aug 2012

Landie Visser (nou Greyling) het in 2007 haar graad in BComHons (Rekeningkunde) en ín Sertifikaat in die Teorie van Rekeningkunde (CTA) aan die Universiteit van Pretoria verwerf. Alhoewel sy fiks was en gedurende haar studies vir ten minste ín uur elke dag geoefen het, was sy geensins ín ernstige atleet nie.

[Lees Meer]

Anton maak steeds ín verskil
TuksAlumni
Gelaai op 22 Aug 2012

Anton Engelbrecht wou nog altyd ín dokter geword het, en het in 1985 vir ín graad in geneeskunde aan die Universiteit van Pretoria ingeskryf. In sy vierde jaar het hy sy nek gebreek tydens ín rugbywedstryd toe hy vir Maroela gespeel het, en is gediagnoseer met onvolledige kwadruplegie. Dit sou vanselfsprekend wees om te aanvaar dat dit die einde van sy drome, planne en selfs sy lewe sou wees. Tog het sy lewe na hierdie gebeurtenis eers begin, sÍ hy.

[Lees Meer]

ďGirl of AfricaĒ ín suksesvolle sakevrou
TuksAlumni
Gelaai op 22 Aug 2012

Octavia Matloa is ín besigheidsupervrou. Op die ouderdom van net 36 besit sy verskeie maatskappye wat sy self gestig het. Verder is sy ín direksielid van Great Basin Gold, ín internasionale mynmaatskappy, en is sy die eerste vroulike kurator in die versekeringsbedryf.

[Lees Meer]

AlumNuus
TuksAlumni
Gelaai op 22 Aug 2012

Welkom by AlumNuus, ín rubriek in die TuksAlumni-nuusbrief waarin jy meer kan lees oor die nuutste prestasies van mede-alumni soos die media daaroor berig het. Jy kan gerus bydraes aan alumni@up.ac.za stuur. Lees ook meer oor dr Cornel Grobler se ontydige dood in Alaska en van alumnus Pieter Mathews en sy maatskappy, wat 'n uitnodiging ontvang het om hulle brugontwerp by die Venesiese ArgitektuurbiŽnnale ten toon te stel.

[Lees Meer]

Nuus uit die TuksAlumni-kantoor
TuksAlumni
Gelaai op 22 Aug 2012

Alumni het oor die afgelope paar maande die geleentheid gehad om na bekendes te luister. Eerstens was Maria Ramos, Uitvoerende Hoof van Absa, die gasspreker by die sakeontbyt, terwyl Mornť du Plessis, voormalige Springbok-rugbykaptein, die Johannesburg-streek toegespreek het. Stephan Welz het van sy kennis met die lede van TuksKlub 60+ gedeel.

[Lees Meer]

Internasionale alumninuus: UP vereer Britse filantroop en kundige in interieurontwerp
TuksAlumni
Gelaai op 22 Aug 2012

Die Universiteit van Pretoria het ín eredoktorsgraad in Argitektuur toegeken aan die persoon wat ín enorme invloed op die gebied van interieurontwerp gehad het sedert hy in die 1950s tot die professie toegetree het. Sir Terence Orby Conran (81) is ín ontwerper, ín restaurateur, ín entrepreneur, die outeur van talle boeke oor interieurontwerp, die stigter van die Ontwerpmuseum en ín sakeman. Bowenal is hy ín filantroop wat interieurontwerp wÍreldwyd toeganklik gemaak het.

[Lees Meer]

UP presteer
TuksAlumni
Gelaai op 22 Aug 2012

Die Universiteit is voortdurend besig om die instelling se navorsing en fasiliteite uit te brei. Toonaan-gewende navorsers aan UP is besig om hard te werk aan ín oplossing vir malaria, wat ín groot probleem in Suid-Afrika en Afrika is, en ín leerstoel vir die mynboubedryf is gevestig. Met betrekking tot fasiliteite, word ín nuwe studiesentrum vir ingenieurstudente gebou, terwyl die Instituut vir Voedsel, Voeding en Welstand en ín navorsingsfasiliteit vir die Departement Siviele Ingenieurswese geopen is.

[Lees Meer]

Personeelprestasies en -nuus
TuksAlumni
Gelaai op 22 Aug 2012

Die Universiteit se personeellede maak oral naam vir hulself. Prof Nthabiseng Ogude, voormalige Viserektor vir Onderrig en Leer, is aangestel as die nuwe Visekanselier van die Tshwane Universiteit vir Tegnologie (TUT), en dr Carol Nonkwelo het by die Universiteit aangesluit as die nuwe Direkteur: Navorsings- en Innovasieondersteuning. Verder is mnr Prince Mashele (Politieke Wetenskappe), prof Mike Wingfield (Bosbou- en Landboubiotegnologie-instituut), prof Ann Skelton (Sentrum vir Kinderreg), prof Kobus Eloff (Veeartsenykunde), prof Bernard Slippers (Genetika) en dr Lindelani Mnguni (Wetenskaponderwys) vereer vir hul uitnemende prestasies.

[Lees Meer]

Studenteprestasies
TuksAlumni
Gelaai op 22 Aug 2012

Die Universiteit se studente was die afgelope tyd in die nasionale en internasionale kollig. Alle oŽ was op die Suid-Afrikaanse span by die Olimpiese Spele in Londen, waarvan 32 van die atlete en afrigters aan Tuks se sportklubs behoort. Die kampusradiostasie, Tuks FM, is bekroon as die Kampusstasie van die Jaar vir 2012, en twee van die Universiteit se multimediastudente het eerste en tweede gekom in ín internasionale filmkompetisie.

[Lees Meer]

Uit die TuksAlumni-inboks
TuksAlumni
Gelaai op 22 Aug 2012

Die TuksAlumni-kantoor het 'n brief van Japie Bogaards ontvang. Maak gerus 'n plan om ook ín boodskap oor TuksAlumni-verwante sake te stuur wat in hierdie nuusbrief geplaas kan word. Hou asseblief briewe so kort moontlik.

[Lees Meer]

Komende gebeure
TuksAlumni
Gelaai op 22 Aug 2012

Gooi ín ogie oor die geleenthede wat vir die res van die jaar beplan word om seker te maak dat jy niks misloop nie. Kontak gerus die TuksAlumni-kantoor by 012 420 3086 of besoek www.up.ac.za/alumni vir meer inligting.

[Lees Meer]

'n Nuwe President van die Konvokasie verkies
TuksAlumni
Gelaai op 22 Aug 2012

Mnr Leo Haese is met 'n meerderheid van stemme as President van die Konvokasie verkies gedurende die onlangse verkiesing.

[Lees Meer]

Die TuksAlumni-e-nuusbrief
TuksAlumni
Gelaai op 11 Jun 2012

Lees die jongste uitgawe van die Alumni-e-nuusbrief.

[Lees Meer]

Kry 'n nuwe Tukkiekaart!
Alumni
Gelaai op 11 May 2012

Dit is ín sonder-moeite-manier vir alumni om hul betrokkenheid by hul Alma Mater voort te sit sonder dat dit ín sent ekstra sal kos.



[Lees Meer]

Laureaattoekennings: Nominasies gevra
TuksAlumni
Gelaai op 21 Feb 2012

Die TuksAlumni-raad gaan vanjaar weer sy hoogste toekenning - die Laureaattoekenning - aan uitnemende alumni en vriende van die Universiteit toeken.

[Lees Meer]

 
«Terug na die huidige nuus