University of Pretoria Logo
English |  Afrikaans |    
  
Alumni

/UserFiles/TAePOS.Nuwe Mashoof.Okt 07.jpg

Augustus / September 2010                                                              Read English version


Hoofartikel


Ontwikkelings sorg dat onderwyseropleiding ’n hoë prioriteit bly 

Die Fakulteit Opvoedkunde aan UP is een van die grootste en mees diverse fasiliteite in Suid-Afrika vir die aanvangs- en gevorderde opleiding van professionele opvoedkundiges van regoor die wêreld. Die fakulteit neem sy verantwoordelikheid om gegradueerdes van 'n hoë gehalte aan die onderwyssektor te lewer baie ernstig op.   
 
>Lees verder...  
 

 

 

 

 

 

Prof Cheryl de la Rey het die
eerste sooi vir die nuwe
lesingslokale op die Groenkloof-kampus gespit. 
 
 


Nuushooftrekke 

UP aanvaar nuwe voorstelle vir taalbeleid

UP het op 20 Augustus opnuut ’n langtermyn-verbintenis tot Afrikaans as onderrigtaal gemaak. Die Universiteitsraad het die voorstelle van 'n Senaatsverslag oor UP se Taalbeleid en -praktyke aanvaar, wat ten doel het om die bestaande Taalbeleid te versterk en probleme met die toepassing daarvan te probeer aanspreek.  
>Lees verder... 

Wêreldbeker-nalatenskapsprojek is 'n mylpaal vir  UP

Die 2010 FIFA Wêreldbeker-nalatenskapsprojek, 'n gesamentlike onderneming deur die Universiteit van Pretoria, die Italiaanse Sportbank (ICS) en die Italiaanse Sokkerfederasie (FIGC), het op 21 Junie op die Mamelodikampus afgeskop. Prof Cheryl de la Rey, Visekanselier en Rektor, het dit beskryf as 'n "mylpaalgebeurtenis in die geskiedenis van die Universiteit van Pretoria".    
>Lees verder... 

UP vier verjaarsdae

UP vier vanjaar 'n aantal belangrike verjaarsdae: die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe het die waardige ouderdom van 90 jaar bereik, terwyl die Gordon Institute of Business Science (GIBS) sowel as Business Enterprises at University of Pretoria (Edms) Bpk en Voortgesette Onderrig by Universiteit van Pretoria (VO by UP) almal hul tiende verjaarsdae vier. Die ikoniese Ou Lettere-gebou, het op 3 Augustus – die dag waarop die hoeksteen gelê is in 1910 – sy honderdste verjaarsdag gevier.
      
>Lees verder...

Beursdonateurs word bedank vir hulle bydraes

Groot getalle verdienstelike studente met akademiese potensiaal sou nie die voordele van 'n tersiêre kwalifikasie kon geniet as dit nie was vir bystand in die vorm van beurse nie. Die Departement Institusionele Bevordering koördineer namens die Universiteit die donateursfondse.    >Lees verder...


Ander nuus

Mylpaal vir boomgenoomnavorsing by  UP

Die leiers van die Eucalyptus-genoomprojek het die voorlopige vrystelling van die konsepbloekomgenoomvolgorde aangekondig – 'n belangrike mylpaal vir hierdie internasionale inisiatief. Prof Zander Myburg van die Departement Genetika by UP is die hoofnavorser, en die Universiteit is die leiervennootorganisasie van die projek, wat ook belangrike medewerkers in die VSA en Brasilië het.   >Lees verder... 

UP-ontwerp-alumnus ontvang Uitnemendheidstoekenning

Jacques Lange het op 27 Mei 2010 by die tweede Design Chat-funksie, die eerste ontvanger geword van die Alumnitoekenning vir Uitnemendheid van die Departement Visuele Kunste. Hy het die toekenning ontvang uit erkenning vir sy buitengewone prestasies in die ontwerpberoep, sowel as sy voortgesette bydraes tot die ontwikkeling van die Inligtingsontwerpprogram by UP se Departement Visuele Kunste.   >Lees verder...

Navorsingsentrum vir Forensiese Antropologie amptelik geopen

UP se Navorsingsentrum vir Forensiese Antropologie (NSFA) is onlangs amptelik geopen. Die sentrum, wat deur die Departement Anatomie in die Skool vir Geneeskunde, Fakulteit Gesondheidswetenskappe, gehuisves word, sal navorsing van 'n internasionale standaard onderneem oor alle aspekte van die herwinning en studie van menslike skeletale oorblyfsels  >Lees verder... 

Eerste Internasionale Konferensie oor Verantwoordelike Leierskap

Ongeveer 149 internasionale beroepslui het van 18 tot 20 Mei by UP byeengekom vir die eerste Internasionale Konferensie oor Verantwoordelike Leierskap. Dit is georganiseer deur die Sentrum vir Verantwoordelike Leierskap (CRL) in die Universiteit se Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe en geborg deur die Deutsche Gesellschaft für Technische Zusammenarbeit (GTZ).    >Lees verder...

UP-personeel vereer vir hulle prestasies

'n Aantal akademici aan die Universiteit van Pretoria is onlangs vereer vir hulle harde werk en toewyding. Prof Eriksson en prof Meyer was onder die wetenskaplikes wat toekennings van die Nasionale Wetenskap- en Tegnologieforum (NWF) ontvang het.   >Lees verder...   

Nuwe toerusting vir die Skool vir Tandheelkunde 

UP is die eerste instelling in Suid-Afrika wat 'n "cone beam" gerekenariseerde skandeerder  – Vatech CBCT – aangekoop het. Die skandeerder word gebruik om diagnostiese beelde in geneeskunde en tandheelkunde, soos X-strale en ultraklank, by die Skool vir Tandheelkunde te produseer.              >Lees verder...  

Tuks onoorwinbaar in Duitsland 

UP is op 19 Junie, in Ingolstadt, Duitsland, bekroon as die 2010 Studenteputjiespelkampioene. Tuks se span het die Universiteit van Birmingham in 'n spannende uitspeelstryd verslaan toe Johann Dannhauser dit reggekry het om by die Wittelbacher-gholfklub op die 18de putjie (baansyfer 5) 'n voëltjie aan te teken. Die ander spanlede was Eugenie Clack, kaptein, Alra van den Berg en John Ferreira.             >Lees verder... 
 

Nuus van die TuksAlumni-kantoor   

Oor die afgelope paar maande het die TuksAlumni-kantoor ’n hele paar funksies vir alumni gereël. Die huiskonsert met Charl du Plessis was baie gewild, en die Kos- en Wyngilde se wynproegeleentheid is ook goed bygewoon.   >Lees verder...  

AlumNuus en  profiele

Lees in hierdie uitgawe van Oom Bertus (97) en Tannie Christine van Wyk (92), twee trotse Oud-Tukkies, se 70-jarige huweliksherdenking, en prof  Arnett Wilkes, afgetrede dosent in Afrikatale by UP, se betrokkenheid by baanbrekerswerk met 'n nuwe unieke tweetalige isiZoeloewoordeboek.     >Lees verder... 

 


Kennisgewings / Inligting

Voltooi die alumni-opname en staan 'n kans om 'n reis na Thailand te wen!

Alle alumni word uitgenooi om aan die 2010 TuksAlumni-Magnet-opname vir Professionele Persone deel te neem. Hierdie opname word jaarliks onder professionele persone en alumni gedoen en help die TuksAlumni-kantoor om hul diens te verbeter deur die ontwikkeling van doelgemaakte programme en dienste.  Deur hierdie opname te voltooi, staan alumni ook die kans om ’n vakansie vir twee na Thailand, Visa-geskenkkaarte ter waarde van R1 000 elk, boekbewyse en veel meer te wen. Die sluitingsdatum is 8 Oktober 2010.   
>Lees verder...


Alumni kom byeen in Londen op 10 November 2010


UP se Visekanselier en Rektor, prof Cheryl de la Rey, bied op 10 November 2010 ’n alumni-netwerkfunksie in Londen aan. Ons sal graag so veel moontlik alumni daar wil hê, en ons versoek u om ons te help om hulle te bereik. Vra asseblief enige alumni van wie u weet, wat in die Verenigde Koninkryk bly om met ons in verbinding te tree. “Verlore” alumni wat nie kontak met ons het nie, kan ’n vorm invul wat aanlyn beskikbaar is by www.up.ac.za/alumni. Ons kan ook bereik word by telefoon +27 12 420 3086, faks +27 12 362 5088 of alumni@up.ac.za
.  


 
Algemene inligting

> Lees nog UP-nuus hier                                     >  Stuur ons u kommentaar

> This newsletter is also available in English. If you prefer to receive the English version, kindly send an e-mail message to alumni@up.ac.za and include your initials, surname, and ID number or date of birth.
> U kan ook tussen Afrikaans en Engels wissel deur op
die skakel van u taalkeuse bo-aan die blad te klik.

> Teken af of verander u e-posadres deur u volledige voorletters, van, geboortedatum en e-posadres na alumni@up.ac.za te stuur. U kan ook die Bly-In-Kontakvorm aanlyn voltooi. Kontak ons gerus by dieselfde e-posadres indien u enige navrae oor die versending van hierdie nuusbrief het.


> Vir inligting oor UP se kommersiële kontraknavorsing- en konsultasie-maatskappy, Business Enterprises at University of Pretoria (Edms) Bpk, en die sake-oplossings wat hulle u kan bied, besoek gerus http://www.be.up.co.za/news.
> Vir inligting oor UP se voortgesette opleidingsprogramme, kortkursusse en jaarkursusse, besoek gerus Voortgesette Onderrig by Universiteit van Pretoria (CE at UP) by http//:www.ceatup.com.

> Hierdie e-pos is gestuur aan