Samestelling van die Onderrig- en Leerkomitee
Die Onderrig- en Leerkomitee (hierna "die Komitee") bestaan uit:
- Die Dekaan;
- Ten minste een verteenwoordiger van elke department van die Fakulteit, wat deur die Uitvoerende Raad van die Fakulteit aangewys is, wat op grond van hul onderrig- en leerondervinding genomineer is;
- Die Hoof: Studenteadministrasie;
- Die Kantoor van die Dekaan lewer ‘n sekretariële diens aan die Komitee;
- Verteenwoordigers van die Departement vir Onderwysinnovasie;
- Gekoöpteerde lede. Lede kan slegs met toestemming van die Dekaan gekoöpteer word. Koöptering kan algemeen wees of vir spesifieke behoeftes soos deur die Onderrig- en Leerkomitee geïdentifiseer is;
Lede van die Komitee word vir ‘n termyn van vier jaar aangestel, met ‘n opsie om die aanstelling vir ‘n verdere vier jaar te hernu;
Die Voorsitter van die Komitee word deur die Dekaan aangestel;
Die Voorsitter sal die Fakulteit op die Senaat se Onderrig- en Leerkomitee verteenwoordig.
|