English |  Afrikaans |    
  
Fakulteit Opvoedkunde

Dekaan van die Fakulteit Opvoedkunde een van Suid-Afrika se invloedrykste vroue in die sakewęreld en regering 2012

Deur Faculty/Fakulteit

Gelaai op 30 Julie 2012



Die Dekaan van die Fakulteit Opvoedkunde, prof Irma Eloff, is een van die drie Mees Invloedryke Vroue in die Sakewęreld en Regering in Suid-Afrika in 2012 – in die kategorie Opvoeding.

Die toekennings, wat 11 jaar gelede deur CEO Communications van stapel gestuur is om uitnemendheid in organisasies te vier, gee erkenning vir innoverende leierskap aan vroue in verskillende sektore van die Suid-Afrikaanse samelewing.
 
Annelize Wepener, Die Hoofuitvoerende Beampte van CEO Holdings belig die unieke leierskapstyl van Suid-Afrikaanse vroue en meld dat hulle die afgelope dekade “met hart sowel as verstand leiding gegee het”. Yvonne Finch, Voorsitter en Fasiliteerder van MIW 2012, berig oor die finaliste van 2012: “ Hul verhale is so verskillend; hulle moes almal verskillende berge bestyg, en hul uitsig van bo af maak deel uit van die kaleidoskoop waaruit die Suid-Afrikaanse sakewêreld bestaan.”
 
Tydens die toekenningseremonie op 26 Julie 2012 by Gallagher Estate, het Anne Pratt sommige van die kriteria vir die toekennings uitgesonder – goeie bestuur, etiese leierskap, leiding met integriteit en om onder druk steeds te presteer. Drie opeenvolgende beoordelingspanele het die finaliste beoordeel. Meer as 1 000 nominasies is van dwarsoor die land ontvang. Beoordeling het bestaan uit ’n aanvanklike validasieproses en vraag-en-antwoordsessies wat op film vasgelê is.
 
Suid-Afrika se eerste vroulike polisiekommissaris, generaal Phiyega, het die hoofrede by die toekenningseremonie gelewer. Kediagetse Mosimane, ook bekend as die gewilde Sister Bucks, het ’n Lewenslange Prestasietoekenning ontvang.
 
Lees meer oor hierdie jaar se wenners en finaliste by http://www.ceomag.co.za/.
.

Bookmark this page: