English |  Afrikaans |    
  
Fakulteit Opvoedkunde

Verteenwoordigers van UP besoek die Universiteit vir Internasionale Betrekkinge (UIR) in Beijing

Deur Faculty of Education/Fakulteit Opvoedkunde

Gelaai op 06 Julie 2012

Prof Irma Eloff, prof Stephanie Burton, prof Liu Hui (President, UIR) en prof Hao Min (Visedirekteur, UIR, Internasionale Uitruiling en Samewerking)
Prof Irma Eloff, prof Stephanie Burton, prof Liu Hui (President, UIR) en prof Hao Min (Visedirekteur, UIR, Internasionale Uitruiling en Samewerking)

Die Dekaan van die Fakulteit Opvoedkunde, prof Irma Eloff, het die Viserektor van UP, prof Stephanie Burton, onlangs op ’n besoek aan die Universiteit vir Internasionale Betrekkinge (UIR) in Beijing, China vergesel.

Hulle het besoek afgelê by prof Liu Hui, President van die UIR, en prof Hao Min, Visedirekteur van die UIR se Kantoor vir Internasionale Uitruiling en Samewerking. Die besoek het ook samesprekings met die Dekaan van Internasionale Betrekkinge, prof Lin Hongyu, ingesluit.
 
Die Universiteit vir Internasionale Betrekkinge het in 1949 tot stand gekom en het tans sowat 3 000 voor- en nagraadse studente. Al die studente by dié instansie is inwonend en spesialiseer in Politieke Wetenskap, Ekonomie en Tale. Die UIR streef in al sy ondernemings die deugde lojaliteit, hardwerkendheid, praktiese toepasbaarheid en innovering na.
 
Besoek gerus die webwerf www.uir.cn vir meer inligting oor die UIR. 


Bookmark this page: