University of Pretoria Logo
English |  Afrikaans |    
  
Sielkunde

Nuus

Sentrum vir Intellektuele Goederereg bied Fakulteit se tweede jaarlikse Prestige-lesing aan - 22/10/2014
Prof Esmť du Plessis, voormalige vennoot en tans senior konsultant by Adams & Adams en buitengewone professor in die Departement Privaatreg by die Universiteit van Pretoria, het die tweede jaarlikse Prestige-Lesing van die Fakulteit Regsgeleerdheid aangebied met ʼn lesing oor ďDynamics of Intellectual Property Law: Interfaces with other areas of lawĒ.
[Lees Meer]
 
Lewende Laboratorium vir Innoverende Onderrignavorsing ingestel in UP se Fakulteit Opvoedkunde - 21/10/2014
Die Lewende Laboratorium vir Innoverende Onderrignavorsing aan die Universiteit van Pretoria (Living Lab for Innovative Teaching Research at the University of Pretoria (LLITUP)), ín navorsingseenheid gemik op interdissiplinÍre navorsingsamewerking in onderrig en leer, is op 17 Oktober 2014 in UP se Groenkloofbiblioteek-navorsingsruimte bekend gestel.
[Lees Meer]
 
Bekendstelling van fotografie-uitstalling by die Universiteit van Pretoria vier AustraliŽ se bydrae tot die nuwe Suid-Afrika - 20/10/2014
Prof Cheryl de la Rey, Visekanselier en Rektor van die Universiteit van Pretoria (UP), het saam met die Minister van Vroue in die Presidensie, Susan Shabangu, en die waarnemende HoŽ Kommissaris van AustraliŽ, Chris Munn, die bekendstelling bygewoon van ín nuwe fotografie-uitstalling getitel Viering van 20 jaar van demokrasie: AustraliŽ se bydrae tot die nuwe Suid-Afrika.
[Lees Meer]
 
UP doen proefnemings om die betroubaarheid van IDEXX se nuwe toets vir dragtigheid by koeie te bepaal - 17/10/2014
Verhoogde dragtigheidskoerse onder vee beteken hoŽr winste vir suiwel- en vleisboere. IDEXX, ín internasionale maatskappy wat by die vervaardiging van diagnostiese produkte op die gebied van dieregesondheid betrokke is, het die Universiteit van Pretoria onlangs genader met ín versoek om ín projek te onderneem ten einde hulp te verleen met die ontwikkeling van betroubare, koste-effektiewe metodes vir die diagnosering van dragtigheid by vee. Dit het gelei tot proefnemings wat in die Suid-Afrikaanse suiwelbedryf uitgevoer word ten einde die betroubaarheid van dragtigheidstoetste vir beeste te bepaal.
[Lees Meer]
 
Akademikus van Departement Chemie wen prys - 16/10/2014
Tydens die onlangse konferensie van die Nasionale Vereniging vir Skoon Lug wat op 9 en 10 Oktober in Umhlanga gehou is, is die prys vir die Beste Wetenskaplike Referaat aan dr Patricia Forbes oorhandig.
[Lees Meer]
 
Professor Maxi Schoeman ondersoek kwessies rakende menslike sekuriteit by die Uppsala-universiteit in Swede - 16/10/2014
Professor Maxi Schoeman, hoof van die Departement Politieke Wetenskappe by die Universiteit van Pretoria, is tans die elfde bekleŽr van die Claude Ake-besoekersleerstoel by die Uppsala-universiteit in Swede, waar sy die geleentheid gebied is om haar navorsing drie maande lank in ín rustige omgewing voort te sit.
[Lees Meer]
 
IUFRO stel prof Mike Wingfield aan as nuwe President - 14/10/2014
Die International Union of Forest Research Organizations (IUFRO) het die aanstelling van prof Mike Wingfield as die organisasie se nuwe President op 10 Oktober 2014 aangekondig. Die Internasionale Raad van die IUFRO het hom verkies gedurende ín vergadering by die 24ste WÍreldkongres van die IUFRO, wat plaasgevind het in Salt Lake City, Utah, die Verenigde State van Amerika.
[Lees Meer]