English |  Afrikaans |    
  
Rugby

 

Kom skoffel saam by Barnyard
Ten einde fondse in te samel, hou Tuks-Jeugrugby 'n fondsinsameling by Barnyard op 03 Aug.

Nooi asb julle vriende, familie, werks kollegas, bure, skoonma as jy moet...almal wat jy ken om saam met ons Glory Days by die Barnyard te geniet. Dit is ook 'n goeie bemarkings geleentheid vir besighede. Ek vra u samewerking om 'n sukses van die aand te maak.

Kaartjies is slegs R140 p/p en die show begin 20:00. (kinders welkom)

Alle kaartjies moet by my (084- 4095523) bespreek word of per-epos (bakkiespomp@mweb.co.za). Hy bespreek slegs kaartjies indien hy bewys van betaling ontvang het.

Besprekings kan ook Saterdag by die kliniek gedoen word. Geen besprekings sal by Barnyard self aanvaar word nie.

Vir meer inligting oor die vertoning self, kliek hier.




WELKOM!

Tuks-Jeugrugby bied aan die rugbyspelende jeug van Pretoria die geleentheid om hul passie vir rugby binne 'n professionele omgewing uit te leef. Baie goed gekwalifiseerde afrigters en beamptes laat die spelers se potensiaal en vaardighede na die volgende hoër vlak ontwikkel.

Indien rugby u seun se passie is en u wil u seun se rugbyvaardighede en blootstelling verder ontwikkel deur kwaliteit rugbyafrigting, is Tuks-Jeugrugby die regte plek om dit te doen.

Tuks-Jeugrugby het ook ten doel om die spelers sodanig voor te berei dat hulle die geleentheid kry om in aanmerking te kom vir die onderskeie Blou Bul-jeugspanne (o/13 tot o/18). Let wel: Spelers moet 2 jaar agtereenvolgens by ‘n klub geregistreer wees en aan jeugrugby deelneem ten einde vir Blou Bul-jeugspanne in aanmerking te kom.

Laerskoolspanne van o/9 tot o/13 en Hoërskoolspanne van o/14 tot o/18 word gehuisves. Tuks-Jeugrugby het egter ook ten doel om o/8 bulletjies jaarliks aan die 15-man kode bekend te stel en daarmee vertroud te maak. Hierdie oorbruggingsfase tussen bulletjierugby en 15man-rugby is ideale voorbereiding vir die bulletjies vir skolerugby en die waarde daarvan is al bewys en kan nie onderskat word nie.

Die eerste voorseisoense rugbykliniek het reeds op Saterdag, 18 Mei 2013 van 09:00 tot 11:00 op die TuksRugby-velde A tot E pllasgevind (LC de Villiers-sportterrein). Die eerste oefeninge vir die 2013-seisoen begin in alle erns op Vrydag, 19 Julie 2013, na die winterskoolvakansie en sal weekliks op ‘n Vrydagaand om 18:00 by TuksRugby plaasvind.

Die jeugrugby-wedstryde sal Saterdag, 27 Julie 2013, begin en die seisoen sluit af op Saterdag, 14 September 2013. Alle wedstryde vind op Saterdae plaas. Die bepalings sal later deurgegee word. Wedstryde vind  vanaf 08:00 tot 14:00/15:00 teen ander klubs vanuit die Blou Bul/Leeus/Valke Unies plaas.

Ledegelde is R500 per seisoen. R50 afslag indien gelde/bewys van betaling voor einde Julie 2013 saam met registrasievorm ontvang word.



Vir meer inligting rakende Tuks-Jeugrugby besoek kontak Philip Botha by 082 563 4895.