University of Pretoria Logo
English |  Afrikaans |    
  
Fakulteit Regsgeleerdheid

51ste White & Case Jessup Skynhofkompetisie 2010, Washington D.C., Maart 2010

As die wenner van die Februarie 2010 Suid-Afrikaanse Nasionale Rondte, het die TuksRegte span gekwalifiseer om deel te neem aan die Internasionale Rondtes van die 51ste Philip C. Jessup Internasionale Reg Skynhofkompetisie, wat gedurende Maart 2010 in Washington D.C. aangebied is. ‘n Totaal van 105 spanne afkomstig van meer as 80 lande het deelgeneem aan die kompetisie.


Na afloop van die vier uitdunrondtes, is die TuksRegte span net-net uitgeskakel en kon nie kwalifiseer vir die uitkloprondtes nie. Die span het geëindig onder die beste 50 spanne (44ste plek) in die kompetisie, asook die beste span uit Afrika. Beide Katherine Harding (38ste plek) en Ian Learmonth (49ste plek) het onder die voorste 50 sprekers uit ongeveer 400 sprekers in die kompetisie geëindig.

Die span wil graag hul afrigter Lourens Grové bedank, sowel as die Fakulteit Regsgeleerdheid by die Universiteit van Pretoria vir hul ondersteuning. Laastens wil die span ook ILSA en White & Case personeel bedank wat betrokke was by die organisasie van die Kompetisie.

Vir meer inligting met betrekking tot die 2010 Internasionale Kompetisie, besoek gerus http://www.ilsa.org/jessup/