English |  Afrikaans |    
  
Joernalistiek

Gemeenskapsbetrokkenheid

Studente wat vir die die Joernalistiekprogram ingeskryf is, word aangemoedig om hul verslaggewings- en skryfvaardighede in die werklike lewe te oefen.

Bekendstelling van The Mamelodi Voice 2012 uitgawes
Die spreker van die Gautengse Wetgewer, die agbare Me Lindiwe Maseko, het studente en leerders tydens die bekenstelling van die 2012 uitgawes van The Mamelodi Voice herinner aan die belangrikheid van opvoeding.

Twee uitgawes van hierdie gemeenskapskoerant, wat deur studente van UP Joernalistiek vervaardig is, is op 6 November op UP se Mamelodi kampus bekendgestel. Die bekenstelling is bygewoon deur verteenwoordigers van die Gautengse Wetgewer (wat 'n spesiale uitgawe van die koerant geborg het), personeel van UP, studente wat aan die koerant gewerk het en talle gemeenskapslede waaroor daar in die koerant berig is.

Leerlinge van drie plaaslike laerskole wat aan 'n poësie kompetisie in die Somer 2012 uitgawe deelgeneem het, het ook van hul gedigte voorgedra. Hierdie gedigte vertel van die jong kinders se drome vir die toekoms.

Vanjaar was die derde jaar wat UP Joernalistiek studente Mamelodi besoek het om oor die skole gemeenskapsprojekte en mense verslag te doen. Die honneurs studente sal hierdie verslaggewingsprojek in die toekoms voortsit.

Kopieë van die koerante sal van die einde van November in die Joernalistiekkantoor (GW22-12) beskikbaar wees.


Die redakteurs van die 2012 uitgawes van The Mamelodi Voice, Mart-Marié van den Berg en Danielle Petterson, oorhandig die koerante aan die spreker van die Gautengse Wetgewer, die agbare Me Lindiwe Maseko.