
Meer oor ons
UP Joernalistiek streef daarna om voornemende joernaliste met vaardighede toe te rus wat hulle in staat sal stel om verslag te doen en publiseerbare nuusartikels vir 'n verskeidenheid mediaplatforms voor te berei.
Ons studente ontvang grondige kennis van die basiese beginsels van Joernalistiek en kry terselfdetyd waardevolle praktiese ondervinding. Ingeskrewe studente word deel van 'n ontdekkingsreis waar hulle dieper delf in die beroepswêreld van hul keuse.
Hierdie is 'n keuringsrigting en studente word streng op meriete gekeur. Die voltydse dosente is ervare voormalige Joernaliste wat hulle daarvoor beywer om die studente bekend te stel aan die eise van die bedryf.
Kundiges uit die mediawese doseer gespesialiseerde vaardighede (soos radio-, internet- en televisieverslaggewing).
Studente leer nie net die vaardighede aan wat vir verslaggewing en die skryf van nuusberigte en artikels benodig word nie, maar kry ook die geleentheid om dié vaardighede in die werklike situasies te oefen.
|